Parlementêre orde ver van herstel

Deel op

Gesprekke tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa en opposisiepartye het Maandag op ‘n dooiepunt uitgeloop.

“Die opposisiepartye wou vandag weet of daar ‘n manier is wat ons vir hulle ʼn verduideliking kan sê,” het Ramaphosa ná die vergadering aan verslaggewers gesê. “Ons het gesê die ooreenkoms kan nie bereik word nie.”

Volgens Ramaphosa het die gesprek op ‘n dooiepunt uitgeloop toe die Demokratiese Alliansie verlede week ‘n mosie van sensuur teen pres. Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering ingedien het. “Dit is teenstrydig met die gees waarin die ooreenkoms bereik is en ons het ook gesê dat ons die proses in die parlement nou moet toelaat om sy gang te gaan.”

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het die dooiepunt bevestig.

Die DA was op die voorpunt van ontwrigting toe hulle handgemeen geraak het met lede van die polisie wat vroeër ingeroep is om orde te herstel.

Ramaphosa het gesê die ANC is bereid om verder gesprek te voer met opposisiepartye.

Die vergadering is belê na ‘n ooreenkoms verlede week tussen politieke partye in die parlement op niks uitgeloop het nie. Ramaphosa het Dinsdag met die opposisiepartye ooreengekom dat tugstappe teen lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters tydelik opgeskort sal word indien hulle ooreenkom dat hulle parlementêre reëls sal respekteer.

‘n Verslag deur die komitee oor regte en voorregte sou moontlik daartoe gelei het dat verskeie EFF-LP’s, insluitend Julius Malema, tot 30 dae lank uit die parlement geskors kon word. Die aanklagte is aanhagnig gemaak nadat pres. Jacob Zuma in Augustus oor die Nkandla-sage uitgejou is.

LP’s het mekaar egter Woensdag weer met obsene handgebare en beledigings getart wat die ooreenkoms in duie laat stort het.

Ramaphosa het Woensdag aangekondig dat die verslag van die komitee weer op die agenda geplaas is.

Die DA hou vol dat hy met die mosie sal voortgaan, omdat Zuma vrae nie mondelings wil beantwoord oor opgraderings van R246 miljoen by sy privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal nie. Zuma het reeds skriftelik geantwoord.

Die ANC het Donderdagaand die debat in die Nasionale Vergadering laat vaar waartydens die verslag oor die EFF-LP’s se skorsing bespreek is. Ramaphosa het ‘n verklaring uitgereik waarin hy gesê het hy is steeds bereid om met politieke partye te onderhandel om vrede in die parlement te herstel.

Die opposisiepartye is die DA, die EFF, die Inkatha Vryheidsparty, die Vryheidsfront Plus, die National Freedom Party, die African Christian Democratic Party, die United Democratic Movement, die Pan Africanist Congress en die Congress of the People.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa sê egter opposisiepartye in die parlement is steeds verbind tot verlede week se ooreenkoms met Ramaphosa om orde in die parlement te herstel

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.