Noord-Korea wil weerbaarheid verskerp

Deel op

Noord-Korea sê hy sal sy oorlogsvermoë aansienlik versterk in protes teen die goedkeuring van ’n mylpaal VN-resolusie teen die land se wydveroordeelde skending van menseregte, het AP berig.

‘n VN-komitee het Dinsdag die resolusie aanvaar waarin daarop aangedring word dat die Veiligheidsraad die Noorde se menseregte­situasie na die Internasionale Strafhof verwys. Voordat die VN gestem het, het die Noord-Koreaanse gesant met ’n kerntoets gedreig.

Vanjaar se resolusie sluit die nuwe idee in dat die absolute leier van die Noorde deur aanklaers geteiken kan word.

Pjongjang se ministerie van buitelandse sake het gister gesê die goedkeuring van die resolusie is ’n “ernstige politieke uitdaging” wat deur die VSA georkestreer is.

Die ministerie het ook gesê die Noorde se oorlogsweerbaarheid sal “op ’n onbeperkte wyse” versterk word om met Amerikaanse vyandigheid af te reken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.