Poskantoor dreig om stakers af te dank na ooreenkoms

Deel op

Die Poskantoor het gedreig om werkers af te dank as hulle nie Maandag vir werk opdaag nie.

‘n Span is deur die minister van Pos- en Telekommunikasie, Siyabonga Cwele en die minister van Finansies, Nhlanhla Nene aangestel om die Poskantoorstaking by te lê.

Die hoof van die ingrypingspan, Simo Lushaba is deur die twee ministers aangewys om stakende werkers te oorreed om terug te keer werk toe.

Lushaba het die naweek gesê dat die diens reeds van sy werksaamhede hervat het.

Die Poskantoor het Vrydag ‘n salarisooreenkoms met twee vakbonde bereik nadat hulle tot ‘n verhoging van 6,5 persent ingestem het.

Die vakbond, CWU, wat 39 persent van die posdiens se werkers verteenwoordig, het die aanbod egter verwerp.

CWU eis ‘n verhoging van 7,5 persent.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.