Geen geregtigheid vir slagoffer sê Burry Stander se ma

Deel op

Die saak oor die dood van die Olimpiese fietsryer Burry Stander is in die Port Shepstone landdroshof tot Maandag verdaag.

Die aangeklaagde het uitstel gevra sodat hy befondsing vir sy regsverteenwoordiger kan bekom, het RSG berig.

Die taxibestuurder Njabulo Nyawose se prokureur het versoek dat die verhoor vir twee maande uitgestel word sodat Nyawose finansiering kan bekom.

Stander se ma, Mandy het in trane uitgebars toe sy hoor die verdediging wil uitstel hê.

Sy sê dit voel asof die familie, as slagoffers, geen regte het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.