Twee joernaliste by gevangenis gevang

Deel op

Twee Indiër-joernaliste is oor die naweek by die Westville-gevangenis in Durban in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo voorgedoen het as familielede.

Taschica Ramlackan en Suthentira Kaissri wou onder dié voorwendsel met een van die gevangenes ‘n onderhoud voer.

“Die joernaliste se name en publikasie vir wie hulle werk gaan nie in die stadium bekend gemaak word nie,” het die departement van korrektiewe dienste Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Die twee het hulself as familielede van die gevangene voorgedoen en is betrap toe hulle besig was om ʼn onderhoud met die oortreder te voer.”

Hulle het na bewering Afdeling 122 van die Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998 oortree.

Die wet verbied ondermeer ongemagtigde publikasie, valse voorstellings asook winsbejag uit die publikasie van misdade waarvoor oortreders vonnisse uitdien.

Hulle is aan die polisie oorgegee en het Maandag in die Pinetownse landdroshof verskyn waar hulle op R500 borg elk vrygelaat is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.