Watter Afrikanerbeeld?

Ek meen Brakpan en Danville is sinoniem met “Afrikaners”, sover dit die buiteland aangaan

Die afgelope week was gevul met die absurde holdersteboldergebeure wat ‘n kenmerk geword het van die land wat eens bekend gestaan het as die “Republiek van Suid-Afrika”. ‘n Land wat gesien is as ‘n stabiele en wetsgehoorsame staat gemeet aan die hand van wat die res van Afrika kon vermag. ’n Land waar etiket, die navolg van reëls en beleefde debat die botoon gevier het, nieteenstaande die gehate apartheidsbeleid. Selfs mev. Helen Suzman het erken dat sy altyd goed in die “apartheidsparlement” behandel is. Die affêre wat hom tans in die land afspeel, vergelyk goed met ‘n stuk absurde teater uit die pen Ionesco of veral Alfred Jarry, skrywer van Koning Ubu.

Metropolitan Opera New Production Premiere of Richard Wagner's "Voorbeelde hiervan is: Die chaos in die Parlement en die Gautengse Wetgewer, die EFF se kongresse in die Noord-Kaap en Gauteng wat ontaard het in straatgevegte, Tshwane wat R15 miljoen se belastinggeld aan kitskos bestee, die ANC Yoof Leek wat relevant probeer voorkom deur Steve Hofmyer aan te val met populistiese kwaksalwery dmv ‘n verwarde witvelletjie lank nadat die stof gaan lê het, Naspers en ander media se gekwetter oor “wit rassisme” terwyl hulle sirkulasiesyfers in vryval verkeer en dan natuurlik Afriforum wat ‘n salvo gevuur het in die rigting van Dan Roodt en “randeier”-Afrikaners wat onder andere “die beeld van Afrikaners in die buiteland skade aanrig”.

Dit is hierdie laaste gebeurtenis wat my aan die dink gesit het oor die Afrikaner se beeld in die buiteland. Blykbaar het ons “leiers” (al is hulle werknemers en aangesteldes van ‘n organisasie) niks geleer uit die geskiedenis nie – of hulle is heeletmal werklikheidsvreemd.

As hulle iets geweet het, sou hulle benadering en gedagtegang rondom hierdie buitelandse beeldgedoente heel anders daar uitgesien het. Ná jare van negatiewe persepsies wat deur elke Jan Rap en sy maat oor Afrikaners geskep is – of hulle nou joernaliste, Progge, anti-apartheidsaktiviste of wat ook al was – is die beeld van Afrikaners in die buiteland maar redelik kisboude.

Die publiek in die buiteland is nie ‘n opgevoede massa mense wat alles bevraagteken nie. Hulle sal eerder glo wat aan hulle voorgehou word as waarheid, as om self ‘n vinger te verroer om uit te vind wat werklik aan die gebeur is.

Politici, daarenteen, is soos ‘n weerhaan: draai in die rigting waarin die wind waai. En die wind het jare laas in die rigting van die Afrikaner gewaai! Die media was baie suksesvol met hul gefabriseerde konsensus en dit is in die buiteland se houding jeens Afrikaners te bespeur. Nodeloos om te sê, staan die status quo hulle aan want dit is tot voordeel van die multinasionale maatskappye wat Suid-Afrika sien as ‘n vetgemaakte skaap reg om geslag te word; hou net die onbeholpe kleptokrasie van ‘n Afrika-regering in stand en moet niks daaroor sê nie.

In my ervarings met buitelanders is dit vir my opvallend dat alle blankes in Suid-Afrika as Afrikaners gesien word – diegene wat nie as Afrikaners gesien word nie, maak deel uit van die Kwien se “expat”-klub wat net tydelik hier vertoef. Om aan hulle te verduidelik – soos ek menigmaal gepoog het – dat die blankes in Suid-Afrika uit verskillende etniese groepe bestaan, is sinneloos.

Dit is veral waar van die Asiate wat alle blankes sien as “gweilo” en minder as niks kan omgee oor wat die “gweilo” gister of eergister gedoen het of aan watter stam hy behoort nie. ‘n Ruk gelede was ek saam met ‘n groep Suid-Afrikaners in Seoel vir ‘n konferensie. Daar vertel een Koreaan vir my in gebroke Engels dat ons almal dieselfde lyk. Hoe gee die persoon om wat ‘n Afrikaner se beeld is – hulle lyk dan almal dieselfde?

Hier moet ek nou eers stilstaan by die “beeldskendingtameletjie” soos dit deur Afriforum verwoord is. Hoe is dit moontlik om die beeld te skaad van ‘n etniese groep wat nie in die buiteland geken word nie? Hoe skaad jy ‘n beeld waar die definisie en karaktereienskappe van die etniese groep Afrikaner konstant van beide binne en buite die groep ondergrawe word? Wanneer die Afrikaanse media die begrip “Afrikaanses” in die buiteland bevorder – daardie neologisme van oorlede Jakes Gerwel wat soveel inslag gevind het by Naspers, Russel Botman, Jonathan Jansen, hulle dwepers en by die liberale kliek wat saamkoek in Mellville en Kaapstad se modieuse koffiekroeë?

Wanneer die media intern die beeld bevorder van Afrikaners wat almal rassistiese, vrouehatende, patriargale, klippies-en-coke-suipende boeppense is wat hulle vrouens en kinders vir die pret slaan terwyl elkeen ‘n 3-liter-Ford Cortina ry en die enjin in die sitkamer opknap op ‘n Saterdagmiddag wanneer hulle vir die Blou Bulle skree?

Ek meen Brakpan en Danville is dan sinoniem met “Afrikaners”. Dit dien as ‘n gemaklike spotnaam, maak nie saak waar die persoon regtig vandaan is, wat sy taal is en wat sy herkoms is nie. Hoe skaad jy ‘n beeld wanneer ‘n “Afrikaner”-burgerregteorganisasie multi-etnisiteit voorstaan en die etniese groep Afrikaner misken? Dit is mos dan Jakes Gerwel se “Afrikaanses” is dit nie? Hoe skaad jy ‘n beeld wanneer iemand wat juis die definisie en aard van die etniese groep Afrikaner wil beskerm in self-geregverdigde polities korrekte morele uitbarstings tot ketter verklaar word?

Gesien aan die hand daarvan dat buitelanders nie die verskil tussen ‘n Engelse Suid-Afrikaner, ‘n Italiaanse Suid-Afrikaner, ‘n Portuguese Suid-Afrikaner en ‘n Afrikaner verstaan nie, is dit dan nie logies dat die gedrag van alle blanke Suid-Afrikaners die beeld van die Afrikaner in die buiteland óf poets óf skaad nie? Sekerlik moet Conrad Koch se kru en gekruide taal op ‘n openbare forum soos Twitter – wat regdeur die wereld gesien kan word – ook kwalifiseer daarvoor dat dit die Afrikaner se beeld skaad? Of miskien John Vlismas en Casper de Vries met hulle onverkwiklike gespot met Afrikaners en hulle geloof op sosiale media? Wat van blanke polisiemanne wat saam met ander SAPD-lede die parlement gestorm het ten aanskoue van miljoene TV-kykers? Wat sonder Dan Roodt uit dat hy die Afrikaner se beeld skaad maar geen van hierdie ander nie?

Dink Afriforum regtig dat Dan Roodt die Afrikanerbeeld skade aangerig het deur ‘n piepklein gerdigeerde TV-segment wat aangebied is deur ‘n persoon met die reputasie van ‘n amusante baksteen maar die knaende gekerm van ‘n Conrad Koch teenoor ‘n baie groter gehoor het niks gedoen nie? Of dat die chaos in die parlement waarby blankes betrokke was en oral in nuusmedia verskyn het – om nie eens te praat van YouTube-kykersgetalle – nie skade berokken het aan die “Afrikaner”-beeld nie?

Wanneer ons buitelandse beeld, wat nie eens deur die oorgawe en verraad van ‘n hele regering gepoets kon word nie, ‘n kwessie word, dan herinner die hele gedoente my sterk aan die psigotiese gebrabbel van ‘n Weskoppies-inwoner wat aan vervolgingswaan ly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • RSA PATRIOT

    Baie goed!

    Dit is natúúrlik sinneloos om ‘n “goeie beeld” te probeer hê, want vir wie doen ons dit? Amerika? Duitsland? En wat maak dit in elk geval saak wat enige ander land van ons dink? Hulle sal ons in elk geval nie help nie.

    • Götterdammerung

      Myns insiens is hierdie beneeptheid met buitelandse beeld ‘n grap. Baie volkere daarbuite het voortgegaan en gedoen sonder die buiteland se hulp – inteendeel partykeer makliker want daar was nie inmening gewees nie

      • RSA PATRIOT

        Ditto. Dit was juis die buiteland wat ons destyds geboikot het oor ons beleidrigting a.g.v. ‘n valse beeld van Suid-Afrika wat verkondig is. Na dit wat die buiteland oor 20 jaar van Suid-Afrika uitgevind het, is hulle veronderstel om vir ons om verskoning te vra! Dus GEEN verdere beeldpoetsing nie.

  • Rutger

    Uitstekende kommentaar! Ek het nog nooit so daaraan gedink nie, maar dis absoluut waar. Kom ons kyk of die Duitsers hulle land heeltemal vernietig omdat hulle ook ‘n swak beeld probeer aanvaarbaar maak vir die walglike Britte en Amerikaners

  • Guest

    Succinct observations, aptly put.

  • Karel Combrinck

    Die werklikheid is altyd meer kompleks as wat propaganda dit wil voorstel. Die wêreld daar buite, d.w.s. hoofsaaklik die Westerse demokrasieë stel nie belang en het nog nooit belang gestel in die kompleksitiete van die Suid-Afrikaanse samelewing nie. Die Westerse demokrasieë wat almal aan ‘n groter of mindere mate van skuldgevoel ly oor hulle eie bloedige en grypsugtige verlede, benodig ‘n simbool of ‘n maatstaf van boosheid teenoor wie hulle moreel meerderwaardig kan voel. So iets in die aard van: “Ons is ‘n walglike, materialistiese, lafhartifge en dekadente boel, maar minstens is ons nie so sleg soos die die Afrikaners nie.” Hierdie rol van wêreldmuishond is vir jare deur die Duitsers ook gespeel en al hoe meer vervul Israel deesdae ook hierdie rol. En natuurlik werk hulle nou ook hard aan Vladimir Poutine ook. Tragies dat soveel Suid-Afrikaners en selfs Afrikaners uit populariteitsoekery of kwaadwilligheid or naïwiteit so ywerig aan hierdie propaganda teen ons meedoen.

    • Götterdammerung

      Karel dit is presies dieselfde met Engels sprekendes wat na Afrikaners verwys as “Dumb Dutcman” en “Rockspiders”. Selfde mentaliteit wat ten toon gestel word. En ons het dit maar net gelate aanvaar. Plaas ons dit ignoreer en ons eie ding doen

      • eduard

        Noem ‘n rooinek Sassenach en kyk hoe sis hy deur sy tande.

        • Götterdammerung

          Ja ek hoor die Skotte kan die klomp nogal omgeollie kry daarmee

      • Jochen Peiper

        Insgelyks indien mmens in Amerika na ‘n suidelike blanke persoon as “redneck” of “hick” verwys.

    • FR2P

      Apart from the fact that Fatso and One-eye would the last ones to pick to solve an image problem

      • G

        Hulle het nie so gedink toe hulle Steve aangeval het nie

        • Karel Combrinck

          G, jy verstaan blykbaar waarvan hy praat. Wil jy my nie ook op hoogte bring nie, wie is Fatso en One-eye?

          • G

            As jy ander kommentare gelees het sal jy weet hulle is ook bekend as Kallie&Mallie

    • Karel Combrinck

      Ek wou nog net byvoeg, die beeld van Afrikaners in die buiteland is ‘n stereotipe. Want ‘n stereotipe is dit wat hulle wil hê. Die feit dat ‘n stereotipe niks en niemand verteenwoordig nie, pla hulle nie.

    • Jochen Peiper

      Hmmm…
      Meksikane is dwelm smokkelaars
      Russe is almal kras met lelike vet vroue
      Duitsers s almal Nazis
      Brasiliaanse vrouens almal seks mal
      Indiese studente almal wetenskap genies
      Afrikaners almal dom rassiste wat nie kan Engels praat nie.

      Italians almal mafiosi
      Israelis almal baba moordenaars

      Op die ou end word persepsie GESKEP deur media om hulle aandeelhouers se politiese sieninge voort te dryf.

  • FR2P

    Somehow some supremicists do not suffer from an image problem…http://fair.org/blog/2014/11/18/a-child-is-missing-from-a-new-york-times-headline/

  • Riempies

    Hierdie is onderwerp wat my met bitterheid baie na aan die hart lê.

    Eerstens wat is die soort buitelanders moet ek beindruk – terwyl hulle ons Afrikaners se vermoorde verminkte lyk deur die swartes as onbelangrik beskou selfs sê ons verdien dit? Wat se dit van hierdie buitelande se integriteit en intelligensie as hulle hulle so aan die neus kan laat rondlei –
    in my oë is hulle mening minder as niks werd nie.

    As enige persoon se menswees en menswaardigheid van diesulkes afhang is so n persoon hoogstens n swakkeling met geen ruggraat en n uiters verwarde selfbeeld. Ek wens regtig die kaf van swakkelinge in wat nie die onderskeid tussen n Kafrikaner en n Afrikaner kan sien nie kan nou uitgesif word. Hoe gouer hulle verdwyn in die swart gene in – hoe beter vir ons Afrikanervolk.

    Die feit dat die klomp hierbo wat genoem word as verdedigers van “rassisme” deur n vooropgestelde konnotasie deur iemand anders – slaafs soosn klomp idiote te volg is in my oë dom en nie eens instaat om na te slaan presies wat die woord beteken nie.

    Kom ek voorspel nou – dat juis hierdie heksjag van diesulkes – in retrospek met alles wat die Afrikaners moet verduur van die swartes – gaan hierdie spul meer skade ly as wat hulle in hulle wildste drome kon voorsien.
    Selfs die gematigde Afrikaners is keelvol en begin die afsny punt bereik.

    • Johann Theron

      Hallo Riempies, ek het self begin wonder oor watter buitelanders ons mee kan saamleef in terme van waardestelsels. Drie rigtings bly my by – Duitse (lae lande) tipes, Suidelike Amerika tipes (Tx onafhanklik) en Suid Amerika Chile (skrywer) tipes. Die politiese bewegings van UKIP, FN en andere in aggenome. Ander mense het kontak met die Duiste gedeelte en ek het toe kontak gemaak met suidelike Amerikaners en groot was die verbasende ooreenkomste. Hulle is selfs bereid om te help, maar verwys prontuit dat hulle NIKS weet wat hier gebeur nie en slegs vooringestelde beskrywings kry (Facebook groepe Americans against Genocide) en geen gestruktureerde fondsinsameling (in hulle konserwatiewe verwysingsraamwerk) nie. Hulle aanbeveling op hierdie stadium is dat ons almal daar kan kom bly want daar is genoeg plek. Andersins word heelwat hulp benodig om (heelwat) Facebook groepe te koordineer. Want almal samel in maar deel nie bronne en kanale nie. Ons moet nog bietjie volwasse word lyk dit my – kyk bv die Afriforum gemors – wil hulle regtig Dan Roodt afsny om sy volgers en lesers te kry? Dis hulle sieklike strategie volgens my wat ek noual dophou. Dis hoekom ek voel ons moet bydraes konsolideer na FN sodat hulle dmv Praag en Jaap Kelder kommunikasie kan optimiseer (dis wat Afriforum doen en hulle wil Praag, FN en Kelder – kelder) Gustav kan ook help hiermee.

      • Riempies

        Johann dit is inderwaarheid – die waarheid dat mens soms verstom staan oor hoe baie dieselfde die mense in ander lande gelykwaardig in denke en beginsels is as mens een op een basis met hulle gesels. Veral tans wat die wereld werklik besig is om te verander in n krisis leefstyl van dag tot dag, veral wat die westerse nasies betref. Die Illuminati het alreeds n stewige vastrap plek feitlik in elke land op aarde, en hulle modus operandi is universeel. Dit is dus wys vir alle westerse mense om te begin groepeer vir oorlewing. Ek was nog altyd van die oortuiging dat die Afrika kontinent in hulle visier is die enigste ongerepte kontinent vanwaar hulle sal wil regeer met al die minerale en olie wat hulle hart begeer. Ek is ook absoluut oortuig
        dat WF de Klerk deel is van die Iluminati so ook Solidariteit en Flip Buys en
        al sy afiliate.

        Ek stem saamdat dit dwingend noodsaaklik raak vir die verskeie blanke groepe om saam te staan en nuwe horisonne te bespreek. As mens die gevaartekens van die binnelandse politiek moet lees en opsom kan mens net dit kort stel dat die uurglas besig is om leeg te loop.

        Nie al jou punte aangeraak nie – stem ek 100% saam met jou.

  • Rooikop

    “Ek meen Brakpan en Danville is dan sinoniem met “Afrikaners”. ” As jy my nou wil BITTER boos hë dan moet jy praat teen die mense van plekke soos Danville en Brakpan. Daar word gedurig vanuit ons eie mense teen hierdie mense gediskrimineer, verkleineer en lelik gepraat net omdat hulle armer is as die wat hier uit die booste ooste van Pretoria kom. DAAR IS NIKS FOUT MET HIERDIE MENSE NIE.
    Hoeveel van die klippies en kola mense bly in die ander dele maar word net beter geag omdat hulle rand en sent het??? Ek het self op universiteit gesien hoe die sogenaamde “room” onder die invloed van drank sy meise beken in die bakkie op die joolplaas – sogenaamde gesiene mense. Net so ‘n paar meter verder waar die “room” katswink gedrink lê en verstik in hulle eie kots.
    Die rondspyker voorstede is juis die booste ooste – die plekke met die meeste “affairs” gevind kan word. Waar daar geld is waai die ander norme vinnig by die voordeur, agterdeur en sommer die vensters ook uit. Mense wat ZERO omgee in die verkeer – ry liewers bo-oor jou met sy Cayenne as om vir jou ‘n plekkie in die verkeer te gun. Arrogansie op ‘n skaal wat nie meetbaar is nie.
    Ek sien meeste van daai mense NIE as Afrikaners nie – ook omdat meeste van hulle die linksliberale gedrag by uitstek openbaar.
    Ek is meer tuis tussen die Brakpanners en Danvillers – daar waar Frikkie self aan sy kar werk omdat hy nie kan bekostig om dit elders te laat herstel nie.

    • Götterdammerung

      My punt daarmee was nie om Brakpan en Danville sleg te maak nie maar om te illustreer dat daar geharp word op Brakpan en Danville as Afrikaner enklawe wat kamtig agteraf en kommin is en dat dit dan as ‘n skelwoord gebruik word om enige anti-sosiale gedrag aan enige blanke te etikeer.

      • Rooikop

        Ek het nie jou skrywe in daardie lig gesien nie, Ek weet dit is die beeld wat uitgedra word deur mense wat hulleself beter ag – dit is juis daarteen wat ek so ten hemele skree. Skuus as dit geklik het dat dit teen jou skrywe was.
        Juis daai skelwoord “kommin” is soos petrol op my rooi vuurtjie. Ek baklei sommer.

        • More Rooikop,
          Ai dit is darem lekker om te lees hoe mooi en inskiklik ons afrikaners met mekaar kan omgaan sonder dat hare waai.
          Dankie ou vriend dit is lekker.

    • henkst

      Spietkop stop Brakpanner omdat hy net 1 hooflig aan het! Brakpanner: Tjomma, dis load shedding, ek sal later die anner een aan sit ok!

      • Rooikop

        Ek het nou lekker gelag oor die een! 🙂

      • Sit jou slimkind.

  • jan

    Die Iere en Skotte [en die Engelse ook] het die selfbeeld ding oorwin met skerp intelegente briljante humor. Nie ons soort Maplotter agterlike grapiies van Mike en vd Merwe en Amoie en Faan se trein. ens ens nie. – lag vir jouself en krap jou neus.. ha ha..

    Let op hoe agterlik die Afrikaner in die sepies en films gebeeld word. Die Naspers se kastydingsindustrie. het groot geld gemaak daarmee.

    Natuurlik het die vervloekte rooi vlag van ET nie juis ons beeld gebou nie – veral nie toe hy van sy swart perd afgebliksem het nie. Hy en Oscar het dieselfde beeld na buite…

    Maar Eugene Marais se fliek was uiters meesterlik verhewe en in kontak met die werklikheid van ons Volksbestaan.

    MI is die ding wat ons beeld die meeste skaad en gevaarliker is as ‘n wapen van massaselfmoord is nie rassisme nie nee – dis die gedurige vendetta wat teen die JODE gevoer word op Praag. Want dis die magtigste vyand in die wêreld. Dis uiters verwaand van ons klein ou brakkies om teen hierdie olifant se been te piepie.

    En dis onnodig om onsself as teiken op te stel vir die wêreldmag wat geweteloos ons sal vernietig omdat hulle dit maklik kan doen.
    So nou draai die Jode die krane so bietjie oop en dis absoluut nag wat voorlê vir dr Dan en Praag.

    Kruger en Verwoerd het ‘n respekvolle verhouding met die Jode gehandhaaf.
    Persoonlik was die Boere Jode vir my net goed – dan praat ek nie van die Anti-christe nie.

    • Sjert

      “…Let op hoe agterlik die Afrikaner in die sepies en films gebeeld word. Die Naspers se kastydingsindustrie. het groot geld gemaak daarmee…”
      En elke dag is daar nuwe narre wat die sirkus aan die gang hou.

    • Vrystater

      Die Jode-vraagstuk in Suid-Afrika is baie kompleks en werklik. Hoekom was al die “blankes” wat by Rivonia gevang is, Jode? Hoeveel Jode het in die ABO werklik die wapen opgeneem saam met Kruger teen Engeland? Slegs ‘n handjievol, die res het geen patriotisme met die Boeresaak gehad nie, hulle was slegs hier vir besigheid, en sal die swakkeling (Vorster, De Klerk, Mandela) ondersteun ten einde die land te plunder. (Dis hoekom dr Verwoerd vermoor is!) Hul enigste belang in Suid-Afrika is hulle eie belang. Genl. Manie Maritz en andere het dit baie duidelik ingesien. John Vorster het aan sy broer – dr Koot Vorster – beken dat die Jode hom aan die keel beet het, dat hulle hom beheer, dat hy nie bewegingsruimte het nie! Ons het nog altyd ‘n Jode-probleem in Suid-Afrika gehad. Die feit dat die Jode (al)magtig is, sal nie die feit wegneem dat hulle nog altyd onpatrioties teenoor die Boere se vryheidsaak was nie! Die Jood is NIE my vriend nie!!! Tensy hulle die teendeel bewys…

      • jan

        Vorster was ‘n veroordeelde Nazi OB – Dis hoedat ons ons se gat [graf ] gesien het..- dis juis die beste voorbeeld

      • Sjert

        “Die Jode-vraagstuk in Suid-Afrika is baie kompleks en werklik…”
        Inderdaad.
        Of dit ‘n vraagstuk is, weet ek nie altyd so mooi nie. Dat dit kompleks is…sonder enige twyfel!!!
        Indien dit nie vir die Joodse kabaal (soos Rooikop dit iewers stel) was nie, sou die SAKP – met die hulp en ondersteuning van die Russe en die Warschau verdraglande – nie die sukses in Suid Afrika bereik het, wat sedert die vyftiger jare behaal is nie.
        Andersyds betwyfel ek dit dat die Oppenheimer’s, Ackerman’s en die res van die Suid Afrikaanse Joodse magnate veel met die Slovo’s, Kasril’s en die ander Joodse kommuniste wat oa in Rivonia en later ontbloot is, te make het.
        ‘n Enigma, ter aansluiting by die ‘kompleks en werklik’ beskrywing wat jy gebruik…

  • Rifrug

    “Tshwane wat R15 miljoen se belastinggeld aan kitskos bestee”
    Bly jy noem dit Götterdammerung

    Nagenoeg R15 miljoen deur Tshwane muni. gespandeer in een maand aan kitskos vir werknemers?
    http://www.timeslive.co.za/local/2014/11/19/r15m-spent-on-take-aways-for-tshwane-employees-for-working-overtime-report

    Toe gelukkig nie. Dit is vir oor 3 jaar “The R15 million is the three-year budgeted amount and not a monthly expenditure”
    https://www.facebook.com/CityOfTshwane

    Die nommers wil steeds nie vir my klop nie (selfs NA hul ‘verduideliking’) … 3 jaar … dit is 1095 dae … 15 000 000 / 1000 – dit is steeds R15 000 per DAG aan kitskos vir werknemers …

    • Rifrug more,
      ja ons moet onthou die volk moet gevoed word dat ons n GROOT en STERK nasie. (:-<)

  • Sjert

    “…Dink jy nou regtig ek steur my aan wat Uitsaaier X die wêreld uitsaai: as X (soos bv. CNN) sulke strooi gorrel oor die een volk, kan hy dit mos oor ander ook doen?…”
    Presies!!

  • Karel Combrinck

    Net nog enkele gedagtes oor beeld. Daar is talle onbeduidende nasietjies wêreldwyd wat geduld word net omdat hulle juis onbeduidend is. In hierdie gevalle kan ‘n mens nie eintlik praat van “beeld” nie. Botswana sal byvoorbeeld seker nie baie vyande in die wêreld hê nie, bloot omdat dit ‘n onbenullige staatjie is. Wanneer ‘n mens wil praat van beeld, dan moet daar darem minstens iets wees waarvan ‘n beeld kan bestaan. Die Afrikaners van voor 1994 was gesien as die uitskot van die aarde, maar tog het die wêreld ons beskou as ‘n moondheid waarmee rekening gehou moes word. Dit is wat beeld beteken . ‘n Moondheid waarmee rekening gehou moet word, is noodwendig ‘n moondheid wat vyande het. In die situasie waarin ons nou is, kan daar nouliks meer sprake wees van ‘n beeld, veral ‘n buitelandse beeld, want daar is niks meer waaroor daar ‘n beeld kan bestaan nie. Anders gestel, ons het nie eers meer die status en aansien van Botswana in die wêreld nie. Staatkundig bestaan ons nie. Die enigste “status” waarop ons kan aanspraak maak is die status van ‘n onderdrukte gemeenskap. En omdat ons wit is, sal die wêreld sekerlik nie oor ons onderdrukte “status” slapelose nagte hê nie. Van ‘n verbeterde beeld van Afrikaners kan daar ook nie eintlik sprake wees te midde van die aŀomteenwoordige moddergooiery en vlieëvangery onder mekaar nie. (Vergelyk maar weer die betreurenswaardige opportunisme onlangs van Afriforum in hulle verguisingsveldtog teen dr Roodt.) Voordat daar ooit weer sprake kan wees van ‘n Afrikaner beeld in die wêreld, sal daar eers weer ‘n Afrikanernasie moet wees, iets waarvan daar vir die oomblik, met die uitsondering van Steve Hofmeyr se konserte, nie juis veel tekens is nie.

  • william

    Wat die wereld van ons dink is onbelangrik. Hulle is jaloers op ons as n nasie. Apartheid word altyd aan die groot klok gehang maar daar gaan dinge aan in die wereld wat apartheid soos n sondagskool piekniek laat lyk. As hierdie land geen goud ,diamante en ander minerale gehad het nie ,sou niemand
    belang gestel het nie. Die swart massas word deur eksterne magte gebruik om hulle demoniese planne te bevorder ten koste van die blanke. Amerika en ander europese lande word stadig maar seker swarter as gevolg van hulle immigrasie beleid. Die wiel draai stadig maar seker. Ons moet ons nie laat afsit deur ons vyande nie. Wat het geword van die vasberadenheid en geloof van ons voorouers. ?Ons moet opstaan en onsself laat geld.

  • emiel

    Stem saam dat respek veel belangriker is as gewidheid. Die dekadente romeinse Keiser Caligula het mos geglo dat dit nie saak maak wat mense van hom dink nie, solank hulle hom vrees. Ek dink tog dat dit n groot vout wees om nie ons opponente se propaganda veldtog teen ons aggresief te beveg nie. Die panarie waarin ons tans sit is tog grootliks te danke aan die propaganda veldtog wat on in die sewentigs en tagtigs verloor het. Wat veral kommerwekend is is Afrikaners se negatiewe beeld oor hulself.

    • Karel Combrinck

      Emiel, ek dink jy raak die kern van die saak aan. As mense jou respekteer en miskien ‘n bietjie vrees, het jy die regte beeld. Ons het die propaganda veldtog verloor omdat PW Botha ander prioritiete gehad het: Homself. Belangriker vir hom was om die sg “Inligtingskandaal” te gebruik om Connie Mulder te troef en President vanSuid-Afrika te word, met die katastrofiese gevolge wat ons ken. Ek stem ook saam oor die “Afrikaners se negatiewe beeld oor hulleself. Hierdie is natuurlik ‘n algemene Westerse siekte. Die Afrikaners sal ‘n meer positiewe beeld van hulleself hê die dag dat hulle weer die moed bymekaar kan skraap om Afrikaners te wees. Steve Hofmeyr se inisiatiewe is deesadae omtrent die enigste ligpunt in hierdie verband. Dankie minstens daarvoor. Die volgende stap daarna, as ons weer ‘n internasionale beeld wil bou, sal wees bemarking en nogmaals bemarking. Maar eers moet daar ‘n produk wees om te bemark.

  • jan

    Om jouself te vergelyk en gelyk te stel met Jesus is uiters Godslasterlik en dis presies jou ondergang.
    Ek skryf gedurig dat as ek na ‘Jode’ verwys dan is dit alle anti-christe.
    Maar ons lewe nie in die paradys nie.
    Christus was ‘n Jood maar die Baalkultus is ook eg Joods.van oorsprong. .Die Bybel is Joods.

    Maar die Boere Afrikaners is groter afgodedienaars as die Jode.- ons het baie meer – indien moontlik
    Eers die Baalkultus van die ABO Toe Nietzche en Nazisme van 2 wereldoorloe en toe Marx se Ateiste. en nou neuk julle na Islam toe soos wat die Burger die Koran gelykstel met die Bybel en antigotters met tulbande die beeld van my Volkie in my moedertaal is. Veelgodery word in eg afrikaans verkondig deur Rapport se Fabel Pienaar.die ex-dominees met die wilde oge.
    Los die Jode en vang in jou eie gat vlooie Mauser – jys glad nie so belangrik nie.dat dit enigsins vir die Jode sou saak maak nie.

  • Goeie artikel. Sou nogal goeie humor wees as die huidige Afrikanerbeeld skematies en ook grafies voorgestel word, met die sienswyse van al die verskillende ‘aanskouers’.

    • Betzie van Rensburg

      Dit sal n collage van formaat wees .

      • jan

        Dit sal pornografie wees 🙂 waragtag.

        Soos die Iere sou sê: ‘Ho it’s a terrible war – but it is better than no war at all!!”

    • Sjert

      “… Sou nogal goeie humor wees as die huidige Afrikanerbeeld skematies en ook grafies voorgestel word, met die sienswyse van al die verskillende ‘aanskouers’…”

      Dit kan ook aanleiding gee tot die aanvang van die Derde Vryheidsoorlog.

      :-))

  • Gustav

    Ek het in Brakpan groot geword en sal dié feit nooit wegsteek nie. Ek het ‘n vrolike jeug gehad, vol interessanthede en daagliks in aanraking met die goedhartigste mense op die planeet. In Brakpan het ek ‘n baie lang lys boeke gelees en ‘n liefde vir klassieke musiek en veral opera ontwikkel. Ek het daar leer jag – as jy ‘n tortelduif uit ‘n populierboom in ‘n uitgediende mynkampong kan haal, is grootwildjag eintlik eenvoudig. Ek het uit Brakpan universiteit toe vertrek en vanuit Brakpan by die weermag aangesluit. As ek ooit weer in ‘n oorlog sou wees, sal dit my goed pas as ek Brakpanners links en regs van my het. Ek ken goeie dokters, advokate, aptekers en ingenieurs wat uit Brakpan kom. Brakpan het meer wetenskaplikes opgelewer as wat daar messelaars uit Paarl gekom het. My skoolvriend Piet Swart is ‘n hoogsaangeskrewe wiskundige in Los Alamos, Nieu-Meksiko in die VSA. Met Piet as spanmaat sal ek aan enige kroegvasvrawedstryd deelneem. Maar, spot maar met Brakpanners. Ons weet dit word in goeie gees bedoel en ons kan dit vat.

    • Riempies

      Gustav so gaaf om jou weer hier raak te lees. Ons almal weet
      daar was nie agterbuurt dorpe in ons land voor 94 nie. Wat ek wel van kennis
      dra is snobistiese voorstede wat ons ander gewone gemiddelde mense skuldbult
      genoem het. Dit was egter uit hierdie gemiddelde omgewing en dorpe waar ons
      akademiese breinkrag waarmee Suid Afrika gebou is – gekom het, hierdie
      jongmense het geweet hulle moet hardwerk op universiteit want hulle ouers trek
      swaar om hulle daar te hou. Chris Barnard kom in my gedagte op gebore in die
      Wes Kaap op n bitter kleindorpie Beaufort Wes Dan kan n mens nou kyk na die
      verraaiers van ons Afrikanervolk – almal uit die skuldbult omgewing.