Skikking vir orde in parlement verder onderhandel

Deel op

Die verslag van die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte wat strafmaatreëls teen 20 Parlementslede van die EFF aanbeveel, is amptelik deur die Nasionale Vergadering opgeskort.

Dit volg na bykans sewe uur se onderhandelinge tussen die opposisiepartye en die ANC.

Die ANC het vroeër weer die kwessie op die ordelys geplaas.

Die ANC het dié stap geneem nadat adjunkpresident Cyril Ramaphosa Dinsdag se ooreenkoms met die opposisie ná ‘n DA-mosie teen die President gekanselleer het.

Ramaphosa het die opposisie dié week verkwalik dat hulle ‘n skikking tussen verskillende partye verbreek het.

 

Een van die kwessies waaroor ooreengekom is, was om die verslag van die komitee op te skort totdat verdere gesprekke daaroor plaasgevind het.

Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, het die raad na die hervatting van sy werksaamhede intussen ingelig dat die verslag opgeskort sal word en dat die ooreenkoms met Ramaphosa en die opposisiepartye aanstaande week voortgesit sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.