Zimbabwiërs moet teen jaareinde nuwe permitte vir SA hê

Deel op

Volgens die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba is byna tweederdes van Zimbabwiërs se nuwe werkspermitte toegestaan.

Hy sê byna ‘n kwartmiljoen Zimbabwiërs moet teen die einde van die jaar aansoek doen vir dié permit.

Van die burgers van die buurland wat in Suid-Afrika werk en wat permitte as deel van ‘n vorige buitengewone bedeling toegestaan is, het reeds 64% aansoek gedoen om nuwe permitte.

Gigaba het ‘n sentrum in Kaapstad van sy departement besoek wat dié permitte uitreik.

Zimbabwiërs wat onwettig in die land woon het in 2009 die geleentheid gekry om wettig aan te bly deur deur die vorige permitaansoek.

Die nuwe permitte sal hulle toelaat om tot 2017 in die land te bly.

Die aansoeke word elektronies ingedien, en word by ‘n sentrum verwerk terwyl die aansoeker teenwoordig is. Net meer as 20 persent van aansoeke is tot dusver verwerk.

Gigaba sê hy is vol vertroue dat al die Zimbabwiërs hul aansoeke betyds sal indien.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.