Opod se administrasie knars tot stilstand onder McBride

Deel op

Sedert Opod se uitvoerende direkteur, Robert McBride, se aanstelling, het die direktoraat se administrasie blykbaar tot stiltand gekom.

Die direktoraat ondersoek klagtes van wangedrag van die polisie en gee aanbevelings waaraan die SAPD moet voldoen binne 30 dae.

Wetgewing vereis dat die SAPD die minister die polisie in kennis moet stel en ‘n bewys moet indien dat die dissiplinêre kwessie afgehandel is.

Maar in minder as 5% van die gevalle waar aanbevelings verlede jaar gemaak is, is sulke bewyse ingedien. Dit beteken die indiening het met 10% vanaf 2012 verder afgeneem.

Die polisie se jaarverslag meld dat hulle 764 dissiplinêre aanbevelings van die direktoraat ontvang het , waarvan 645 binne 30 dae in werking gestel is. Volgens Opod het hulle 884 aanbevelings gedoen.

Maar die direktoraat se waarnemende hoofdirekteur vir ondersoeke, Matthews Sesoko, het gesê dokumentêre bewys van aanbevelings wat geïmplementeer is, bestaan feitlik nie. Hy het gesê Opod het slegs 38 volledige verslae van die polisie vir sy 2013/14 aanbevelings ontvang.

Die Adjunk-nasionale kommissaris vir Korporatiewe Dienste by die SAPD, luitenant-generaal Nobubele Mbekela, het gesê “dokumentêre bewyse was nog nooit ‘n vereiste nie”.

McBride se afwesigheid, blykbaar om ‘n strategiese beplanningsessie by te woon, het sy “minagting vir die proses” uitgelig, het opposisielede gesê.

Die aanstelling van McBride as hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoek Direktoraat (Opod), is voorheen met onthutsing begroet.

Opposisiepartye het gesê McBride is nie geskik vir die pos nie as gevolg van sy persoonlike regsprobleme in die verlede.

Maar, die minister van polisie, Nathi Mthethwa het lede vermaan en gesê dat McBride vrygespreek is van dronkbestuur aanklagte tydens sy termyn as Ekurhuleni Metro-polisiehoof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.