Chaos in Gautengse wetgewer

Deel op

Chaos het Dinsdag in die Gautengse wetgewer geheers, soortgelyk aan wat verlede week in die parlement afgespeel het, het The Star Woensdag berig.

Die dagblad berig dat lede van die ANC en EFF mekaar beledig en vulgêre uitlatings toegesnou het tydens ʼn amptelike sitting van die wetgewer.

Mandiso Mashego, EFF-lid, het na die ANC as die “African National Criminals” verwys en beskuldig die party daarvan dat hy daarvoor verantwoordelik is dat die publiek se beursie geplunder word.

Sy het ook Jacob Mamabolo, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, daarvan beskuldig dat hy slegs tenders aan sy ANC-bondgenote toeken.

Mashego het ook beweer dat kontrakte om huise te bou en rioolstelsels op te gradeer, slegs aan ANC-lede toegeken word.

ANC-lede was ontstoke oor dié en ander bewerings.

Volgens die koerant het Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, aan EFF-lede gesê het hulle is te familiêr met die ANC.

Nkosi-Malobane het ook geweier om die wetgewer te verlaat nadat speaker Ntobi Mekgwe hom versoek het om dit te doen.

Mashego het later haar uitlatings oor die ANC en beweringe teen Mamabolo teruggetrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.