Middelvinger vervang parlementêre debat

Deel op

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, moes parlementslede Woensdag weer waarsku om hul van handgebare te weerhou.

‘n Ongewilde mosie is Woensdag ingedien waarteen talle ANC-lede handgebare gemaak het.

Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo haar middelvinger gewys.

In September het Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het.

Sisulu is deur opposisielede versoek om dit terug te trek. Sy het erken dat sy die middelvinger gewys het. “Ek het gesien hulle gebruik die middelvinger. Ek volg hulle net na,” het Sisulu egter gesê.

Volgens Tsenoli het hy nie gesien dat Sisulu die middelvinger gebruik het nie. Hy het parlementslede gewaarsku om hulle van handgebare te weerhou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.