ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier

Deel op

Die metroraad van die groter Pretoriagebied het gister toestemming geweier dat die ANC-jeugliga teen die Afrikaans-is-Groot-konsert in Pretoria betoog, kwansuis om teen Steve Hofmeyr se deelname beswaar te maak.

“Ons ondersoek nou alternatiewe maniere om vreedsame en doeltreffende protesoptrede op ’n wettige manier te reël,” het Justin de Swardt, van die ANC-jeugliga in wyk 91 van die metrogebied, gister verklaar.

Afrikaans is Groot het by monde van sy woordvoerder, Barnard Beukman, ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word:

Afrikaans is Groot (AIG) het vandag formeel daarvan kennis geneem dat die Tshwane Metro die ANC Jeugliga se aansoek om ‘n protesaksie naby die AIG-konserte afgekeur het. Hiermee wil ons aan konsertgangers bevestig, wat moontlik bekommerd was oor veiligheid, dat die kwessie nou opgelos is. Ons verwelkom die situasie waarin konsertgangers nou die konserte in ‘n ontspanne atmosfeer kan bywoon, terwyl hulle die musiek geniet.

Die AIG-konsert in Pretoria. Foto: Steve Hofmeyr Facebook
Die AIG-konsert in Pretoria. Foto: Steve Hofmeyr Facebook

AIG word tot 22 November in die NG kerk Moreletapark, in die ooste van Pretoria, aangebied. Alle kaartjies is reeds maande gelede uitverkoop.

Afgesien van Steve Hofmeyr, tree Bobby en Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bok van Blerk en Arno Jordaan insgelyks by die konsert op.

Op AIG se Facebookblad het lede van die publiek soos volg op die nuus gereageer:

Salome Esterhuizen: Asof ons gepla was om mee te begin.

Michael Schmit: Hierdie event gaan nog net groter en groter word en geen “liga” gaan dit keer nie! Dalk suur druiwe omdat hul Cullinan ekskursie so klaaglik misluk het??nee wat- AIG IS YSLIK GROOT!

Anette Niemand Venter: Solank Steve sing.

Serelda Ferreira: Nou dis HOE ONS ROL IN AFRIKAANS!!! Ons staan trug vir NIKS! !

Marie Botha: Prys die Here, Amen.

Elmarie de Vaal: WONDERLIK!!!!!

Hiermee het die politiese korrekte blanke leier van die ANC-jeugliga in wyk 91, Justin de Swardt, kennelik ‘n taktiese neerlaag gely.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.