SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa

Toe die verlinkse vakbond Numsa by sy konferensie in Desember verlede jaar ‘n sosialistiese werkersparty belowe met verlinkse ideale, het hulle ondersteuning vanuit talle sosialiste uit die buiteland ontvang, maar nie van die SAKP nie.

Numsa is pas uit Cosatu geskors.

Die vakbond se sekretaris-generaal Irvin Jim het die ANC voorheen daarvan beskuldig dat hulle die Nasionale Demokratiese Rewolusie versaak het, en die Vryheidsmanifes vervang het met die neoliberale Nasionale Ontwikkelingsplan in samewerking met “gulsige kapitaliste”.

“Ons het besluit om te breek met die alliansie en ons het besluit om ‘n verenigde front te vorm en die moontlikheid van sosialisme in Suid-Afrika te ondersoek,” het Jim by dié geleentheid gesê.

Daar was ‘n tyd toe die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) ‘n mark-ekonomie gevrees het, maar hulle is deesdae skrikkerig vir die verlinkses, volgens ‘n politieke kommentator, Steven Friedman.

Die ANC-alliansie is verdeel oor die vraag of Numsa in Cosatu moet bly. Die druk om ontslae te raak van sosialiste kom egter van die ANC se ander bondgenoot, die SAKP.

Waarom sou die SAKP ‘n uitgesproke linkse unie soos Numsa uit Cosatu wou gooi?

Volgens Friedman is dit omdat sommiges argumenteer, soos die res van die ANC-alliansie, dat hulle meer geïnteresseerd is in die deelname in sakeondernemings en eerder ‘n sakeklub wil vorm as ‘n ideologiese nes.

Numsa is die 100% aandeelhouer van Doves Begrafnisdienste.

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.