Adjunkminister sê polisie in parlement wettig

Deel op

Die adjunkminister van Justisie, John Jeffrey, het klagtes uit die opposisiegeledere oor die polisie se betreding van die parlement van die hand gewys.

Die Speaker het die polisie vroeër versoek om parlementslede van die EFF uit die Nasionale Vergadering te verwyder, nadat hulle die vergadering probeer ontwrig het.

Lede van die EFF sowel as die DA het daarna handgemeen geraak met die polisie.

Jeffrey sê die wet maak daarvoor voorsiening daarvoor dat voorsittende beamptes lede in sekere gevalle uit die Raadsaal mag verwyder.

Die meeste lede van die uitvoerende gesag het gesê hulle gaan uit respek vir die vredes-ooreenkoms tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa, en politieke partye oor die gedrag in die Raad, nie reageer nie.

Jeffrey sê klagtes oor die polisie se teenwoordigheid is onnodig.

Hy het gesê wetgewing bepaal dat die voorsittende beamptes geregsdienaars mag ontbied indien nodig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.