SA plaas ebola op G20-beraad se agenda

Deel op

Suid-Afrika het die bespreking oor die ebolakrisis in Wes-Afrika by die G20-leiersberaad in Brisbane, Australië versoek, het die minister van finansies, Nhlanhla Nene gesê.

“Ons is inderdaad bekommerd. Ons versoek het eintlik daartoe gelei dat sake wat verband hou met ebola op die G20-vlak bespreek is sowel as in alle ander multilaterale vergaderings waaraan ons deelgeneem het,” het Nene aan verslaggewers in Pretoria gesê.

“Ons verstaan dat dit nie net ‘n ekonomiese kwessie is nie, maar ‘n humanitêre saak. Hierdie [lande wat geraak word] is ons handelsvennote. Ons moet multilaterale instellings en verbintenisse hê. ”

Nene het die gesprekke as bemoedigend beskryf. Hy het gesê die Verenigde State van Amerika sowel as Spanje het ook met die siekte te kampe weens verbintenisse tussen alle dele van die wêreld.

“Ons het gesien dat filantrope, selfs van ons eie land, nie net praat daaroor nie, maar die finansiële hulpbronne gee om te verseker dat diegene in Wes-Afrikalande bygestaan word om ebola te bekamp.”

Nene het gesê die leiers van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (BRICS) het op die kantlyn van die G20-beraad beraadslaag.

President Jacob Zuma het die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die beraad gelei wat tussen 15 en 16 November plaasgevind het.

Zuma is vergesel deur Nene en die minister van Internasionale Betrekkinge, minister Maite Nkoana-Mashabane.

Nene het gesê die trae globale ekonomiese groei was ‘n groot bron van kommer vir almal by die G20-beraad.

Hy het gesê gesprekke in Brisbane het gesentreer op strategieë deur alle lande wat sal bydra tot die toevoeging van ‘n verdere twee persentasiepunte tot groeivooruitskattings oor die volgende vyf jaar.

Nene het gesê daar was “robuuste gesprek” met betrekking tot oproepe vir die hervorming van bestaande internasionale finansiële instellings, veral die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

“Daar is ooreengekom dat internasionale finansiële instellings sal moet hervorm word om die feit dat ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë nou verantwoordelik is vir die grootste deel van die globale groei, te weerspieël,” sê Nene.

Lede van die G20 is Argentinië, Australië, Brasilië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indië, Indonesië, Italië, Japan, Suid-Korea, Mexiko, Rusland, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika, Turkye, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en die Europese Unie.

Die internasionale forum is ook bekend as die Groep van Twintig.

Die minister van Verdediging, Nosiviwe Mpahisa-Nqakula, het intussen geweier besonderhede oor president Jacob Zuma se reis na ‘n BRICS-beraad in Brasilië te gee.

Sy het kommer oor inligting wat betref die bewegings van die staatshoof aangedui as rede waarom sy nie die vraag kan beantwoord nie.

Die minister het bygvoeg dat sy toestemming van die Parlement se Staande Komitee oor Verdediging sal vra om die inligting bekend te maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.