Conrad Koch se paternalisme is in wese rassisties

Deel op

Ek was bietjie uitstedig en met die terugkom merk ek toe daar is ‘n herrie oor Dan en ‘n kabaal oor Steve; die twee here sou hulle glo onderskei as rassiste.

Wat my opgeval het toe ek nou bietjie begin navors, is dat almal wat Dan en Steve oor hierdie “onthulling” gerepudieer het, aangeval het eintlik, het nie een van hulle die gewraakte stellings probeer weerlê nie nee, hulle het, by wyse van spreke, die man in plaas van die bal gespeel. Terloops, en interessant, op hierdie manier het hulle dan instemming impliseer maar hulle voel dis nie mooi dat Dan en Steve sê wat hulle gesê het nie.

Dis nou paternalisme by uitstek. Veral die Conrad Koch ou (is hy ooit Engels? Ek sien op sy blad sy Engels is amper so swak soos myne) het oorboord gegaan; hy is ook die absurde idee toegedaan dat die Afrikaner Afrikaans by ander mense gesteel het. Kan jy glo? Methinks the fellow doth protest too much …

Selfs Afriforum het op die bandwagon gespring, wat ‘n verleentheid; ‘n Afrikaanse organisasie verguis ‘n Afrikaner wat gedurig persoonlike veiligheid en gerief op die spel plaas terwille van die Afrikanersaak.

Hierdie storie bevestig weer eens hoe die definisie van ‘rassisme’ verander het: ‘Rassisme’ is die noem deur wittes van enigiets wat vermoedelik swartes ongemaklik kan laat voel.

Mense /instansies wat so vinnig en ongevraagd in die bresse tree dui onteenseglik daarop dat hulle diegene, vir wie hulle in die bresse tree, as weerloos en/of onbevoeg beskou. Hierdie soort paternalisme is in wese rassisties (ou definisie).

– Jan Rap

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.