Eskom waarsku dat kraglewering gaan sukkel

Deel op

Die land se kragleweringsnetwerk sal na verwagting groot druk ervaar weens die kouer weer.

Eskom het Dinsdag gewaarsku dat die netwerk vir die volgende paar dae tydens spitstye kaan knor.

Koue en bewolkte weer wat vir die volgende paar dae voorspel word, sowel as probleme by kragstasies met gebrekkige onderhoud het daartoe gelei dat die kragvoorsiener ‘n waarskuwing uitgereik het.

‘n Silo wat steenkool berg, het onlangs ineengestort. Eskom sê die Majuba-kragstasie wek tans sowat 600 megawatt elektrisiteit omdat bergingsprobleme tot nat steenkool gelei het.

Eskom het glo intussen ‘n “natsteenkoolbestuurstrategie” ontplooi om die risiko van nat steenkool by ander kragstasies te verminder, maar waarsku dat die risiko nie heeltemal uitgeskakel kan word as reën aanhou uitsak nie.

Beurtkrag is reeds ingestel nadat die steenkoolsilo by Majuba ineengestort het toe Eskom nie gereageer het op aanduidings dat die silo strukturele onderhoudskade toon nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.