Ondersoek begin na Noordwes Universiteit

Deel op
Die Minister van Onderwys Naledi Pandor gaan ondersoek instel na die sake van Noordwes Universiteit wat verband hou met onlangse

Image

Naledi Pandor

gebeure op sy Mafikeng-kampus.

Deel op

 Die Onderwys-departement het Donderdag gesê Minister Pandor het besluit om 'n onafhanklike en omvattende evaluasie van sake in Noordwes Universiteit te doen. Woordvoerder Lunga Ngqengelele sê Pandor het in 'n brief aan die Voorsitter van die Raad, die universiteit van die besluit in kennis gestel. Die minister het ook die raad wat Vrydag vergader versoek om hom te bevredig dat die regte prosedure in die onlangse skorsing en uitsetting van studente gevolg is. Pandor sê die ontwrigting van akademiese- en navorsingsaktiwiteite aan die universiteit is uiters onbevredigend. Sy sê dit is 'n aanduiding van onderliggende probleme waarvoor 'n blywende oplossing gevind moet word.

для дівчаток ігриФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.