Diere neem wraak in Limpopo

Deel op

‘n Toeris by die Phafuri-rivierkamp naby die Nasionale Krugerwildtuin is deur ‘n gewonde buffel aangeval, in een van twee soortgelyke voorvalle in Limpopo.

Die park se bestuurder, Von van Niekerk sê die sestigjarige is na die hoësorg-eenheid van die Polokwane-hospitaal geneem.

Die beseerde besoeker moes per helikopter na die hospitaal gehaas word.

Van Niekerk sê veldwagters en ander toeriste het gehelp om die buffel te verwilder.

In ‘n ander voorval is ‘n swart veiligheidswag Richard Mashale, deur ‘n seekoei doodgemaak op ‘n plaas naby Phalaborwa in die provinsie.

Die wag is die naweek aangeval terwyl hy aan diens was. ‘n Woordvoerder van die familie, Kenny Mashale sê die seekoei het Mashale aan die kop gebyt.

Mashale het glo slegs ‘n sambok by hom gehad. Die polisie ondersoek die dood.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.