EFF-bloedbad na aanvalle met bakstene, messe en pangas

Deel op

Chaos het Sondagmiddag uitgebreek tydens die EFF se Noord-Kaap-konferensie, toe lede, gewapen met messe, pangas en bakstene vir ‘n bloedbad gesorg het.

Die konferensie by die Savoy Hotel in Kimberley om die provinsiale leierskap te verkies, het buite beheer geraak toe aangewese partyleier Aubrey Baartman, en ‘n afgevaardigde by die konferensie, Ronald Februarie op mekaar toegesak het.

Saterdag is ‘n klag van aanranding by die polisie gelê na ‘n voorval tussen Baartman en Februarie. Sondag het die polisie bevestig dat ‘n saak geopen is, maar alle navrae na die party self verwys.

Chaos het egter losgebars toe een persoon, geklee in ‘n kamoefleeruniform en gewapen met ‘n skokgeweer, probeer het om soveel mense as moontlik te “skiet” terwyl hulle in alle rigtings gevlug het.

Die vlugtende lede was self gewapen met pangas, messe, bakstene en selfs bierbottels en het teruggekeer na die hotelperseel.

Die voorste deure van die hotel is oopgedwing en bakstene het gevlieg tussen die twee faksies van die EFF, met lede wat probeer het om weg te kruip agter voertuie geparkeer in die pad.

Die voorruit van ‘n bus, wat gebruik is om lede te vervoer na die konferensie, is ook in skerwe gelaat.

Op ‘n stadium, het Februarie uit die gebou gevlug met bloed wat by sy mond uit en oor sy arm stroom. Hy het ook gekoes vir dekking agter motors in die pad.

Binne-in die lokaal was daar nog meer chaos, met afgevaardigdes wat op en af met die trappe en deur die gange hol.

Tafels en stoele is vernietig, sowel as talle binnedeure.

Die bloedbad wat gevolg het, het die matte en die teëls in die gange besmeer. Beide deure na die konferensie sentrum is gebreek en die een ingang is versper met sowat 10 tot 15 stoele wat opmekaar gestapel is.

EFF-lede het beledigings rondgeslinger, afgevaardigdes as verraaiers uitgeskel en mekaar as bedrieërs uitgevloek.

Sowat 10 minute ná die chaos uitgebreek het, ‘n paar polisievoertuie asook veiligheidswagte opgedaag om orde te herstel.

‘n Joernalis is gedwing om dekking te neem en moes die polisie vir hulp ontbied nadat afgevaardigdes probeer het om sy kamera met geweld te neem om hom te verhoed om foto’s van die geweld te neem. Die polisie het uiteindelik het sy kamera geneem om die situasie te ontlont.

Intussen het ‘n EFF-koördineerder, Mabatho Mokause, wat self oor die kop geslaan is met ‘n stoel, Baartman beskuldig van korrupsie en omkopery van afgevaardigdes met R10 000 om vir hom te stem.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.