Blade wil amokmakers in parlement vasvat

Deel op

Die hoofsekretaris van die SAKP, Blade Nzimande het ‘n beroep op die ANC as die meerderheidsparty gedoen om strenger op te tree teen oproerige gedrag in die Parlement.

Hy sê indien dit nodig is, moet die reëls in die Parlement en die Provinsiale Wetgewers verander word, het RSG berig.

Nzimande sê hoewel daar diegene is wat die onlangse gebeure in die Parlement vier, moet die ANC strenger optree.

Nzimande het ook die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum – Sanef – ‘n anti-ANC klub genoem.

Hy het dié stelling gemaak in reaksie op Sanef se klagte dat daar ingemeng word met die klank en beeld wat in die Parlement uitgesaai word sodra daar ontwrigtings plaasvind.

Nzimande het Sanef se klagte as absurd beskryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.