Die 20-jarige Zimbabwiese man wat dood aangetref is in ‘n klerekas by Monash Universiteit in Johannesburg was ‘n kleinneef van President Robert Mugabe.
‘n Student in inligtingstegnologie, Takudzwa Wesley Goronga is sowat twee weke geledeas vermis aangemeld.
Hy is later dood aangetref in sy klerekas op die kampus.
Die Zimbabwiese Uitsaaikorporasie het gesê Mugabe het roubeklaers by Goronga se begrafnis aangespreek Saterdag en het die student se dood as ‘n “raaisel” beskryf, het ‘n Sapa-korrespondent berig.
Die Zimbabwiese president, wat twee seuns en ‘n dogter het, het gesê: “Sommige kinders word na die buiteland gestuur vir studies en as hulle terugkeer is dit met ‘n paar negatiewe gewoontes soos om dwelms te gebruik.”
Die polisie is steeds besig om die oorsaak van Goronga se dood te ondersoek.
Die student is glo wat deur familie in Marondera, in die sentrale deel van Zimbabwe grootgemaak, ná die dood van sy ma 10 jaar gelede.