Oorskot van sommige kerkslagoffers land in SA

Deel op

Gedenkdienste vir die Lagoskerkslagoffers sal oral in die land gehou word.  Die oorskot sal eers na verskillende provinsiale lykshuise geneem word voordat die slagoffers privaat begrawe word.

President Jacob Zuma het vanuit Brisbane in Australië waar hy die G20-beraad bywoon, gesê die ramp het Suid-Afrika verenig.

‘n Diens sal ook Mpumalanga gehou word nadat die liggame amptelik deur die premier van Mpumalanga, David Mabuza in ontvangs geneem is.

Drie-en-twintig inwoners van die provinsie het in die ramp in Lagos omgekom. Vyf van dié liggame is egter nog onder die 11 liggame wat geïdentifiseer moet word.

Al 18 liggame is gister na die Themba Hospitaal naby Witrivier geneem vanwaar dit vandag na die gedenkdiens in Mbombela vervoer sal word.

Die vliegtuig met 74 liggame het Sondag in die land aangekom en ‘n gedenkdiens is daarna op die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria vir die slagoffers en hul families gehou.

Die oorskot is glo by die lughawe behandel teen die oordrag van ebola ten spyte daarvan dat Nigerië as “ebola-vry” deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar is.

Dié pandemie in Wes-Afrika het in Nigerië aangeland deur die toedoen van ‘n Liberiese diplomaat in Julie.

‘n Werknemer van die departement van gesondheid is intussen glo dood aan malaria.

Pieter Fourie was deel van die mediese ondersteuningspan in Nigerië, het die minister in die Presidensie Jeff Radebe, vroeër verklaar.

Radebe het gesê Pieter Fourie, wat ‘n lid van die mediese span gestuur na Lagos vir die repatriasie van die kerkgebou ineenstorting slagoffers, gesterf het op Vrydag.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die seremonie by Waterkloof-lugmagbasis gelei.

Paramedici moes van die gesinslede bystaan toe hulle histeries begin weeklaag het terwyl Cassius Lubisi, direkteur-generaal in die presidensie, die name van die oorledenes voorgelees het.

Die aankondiging is laat Saterdagaand gemaak dat slegs 74 van die 85 liggame van die slagoffers na Suid-Afrika teruggebring sal word, glo weens DNS-toetse wat nog steeds deur die owerhede in Nigerië gedoen moet word.

Die gesinne wag nou al ongeveer twee maande vir die 81 Suid-Afrikaners, waaronder drie Zimbabwiërs en een man van Kongo wat met Suid-Afrikaanse paspoorte gereis het.

Altesaam 116 mense is op 12 September dood toe ʼn gastehuis in Lagos ineengestort het.

Altesaam 26 beseerde Suid-Afrikaners het ʼn maand gelede teruggekom, waarvan 20 reeds uit die hospitaal ontslaan en met hul gesinne herenig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.