Afriforum kla Solidariteit van rassisme aan!

Nou die dag is Skoppensboer uitgenooi na Afriforum se multimiljoenrandhoofkantoor in Centurion. Buite lyk dit soos ‘n motoruitvoerterminaal in Europa, soveel splinternuwe luukse Duitse motors is daar wat in die Hoëveldse somerson staan en skitter.

Binnekant is dit net marmer en graniet waar jy kyk. Skoppensboer wou-wou nog sy donkerbril afhaal met sy oë wat nog herstel van die skerp lig op silwer BMW’s toe moet hy hom staal teen ‘n nuwe aanslag op sy kykers: oral wals mooi, jong blondines in kort, stywe rompies rond. Mens sou sweer jy is by Hugh Hefner se Playboy Mansion iewers in Beverly Hills of Malibu, Kalifornië. Hulle kort nog net effens laer halslyne, haasore en die bekende Playboy-handelsmerk.

skoppensboer_251_150Maar Afriforum het darem ‘n handelsmerk, wat oral groen en oranje vir jou glimlag. Twee sulke androgene figuurtjies langs mekaar wat lyk asof hulle hande vashou.

“Het u ‘n afspraak, meneer?” vra die ontvangsdame, wat seker ook deeltyds diens as Bloubulmeisie by Loftus doen. Maar vandag dra sy groen en oranje.

“Ja, juffrou, ek is hier om mnr. Kallie Kriel, die HUB, te sien.”

“Sekerlik, meneer, hy is op die heel boonste vloer. Neem net die hysbak na bo, dáár.”

So gesê, so gedaan. Skoppensboer neem die hysbak wat hom geluidloos na bo katrol.

Daar gekom, ontmoet nog een van die Afriforum-skoonhede hom en sê:

“Mnr. Kriel verwag u. Wil u solank ontklee? Hy het gemeen u kan sommer in die jacuzzi vergader.”

Kyk, dis nou byderwets. Gewoonlik assosieer ‘n mens nie burgerregte-organisasies met jacuzzi’s nie, maar Kallie is besig om die handboek te herskryf. Honderdduisend lede, tien miljoen rand se debietorders per maand wat instroom. En dít alles op die rug van ‘n polisiekapteine, Renate Barnard, wat toe nooit bevorder is nie. En natuurlik die Malema-saak. Dit was bietjie soos die DA se slagspreuk: “Stop Zuma.” Toe sê Afriforum: “Stop Malema.” Dit was ‘n reusesukses. Lugtyd, TV-tyd, koerantvoorblaaie en ‘n ontploffing op sosiale media.

Met al die doedies wat mediaverklarings uitstuur en die ouens by RSG en Naarpers konstant vir onderhoude teister, is Kallie heel tyd besig om onderhoude te voer. Die man is ‘n ster en daarom stroom die debietorders in.

Skoppensboer word na die groot, gemaklike borrelbad geneem waar die water reeds bruis, helderblou en wit met die geur van chloor. Die Afriforum-reklamekonsultant leen vir hom ‘n groen-en-wit Afriforum-swembroek en woerts-warts glip hy in die jacuzzi in.

belly_2
Brian Dennehy as Stourley Kracklite in ‘Belly of an Architect’

Skielik gaan daar ‘n deur van ligte hout aan die oorkant oop, met walms stoom wat uit die opening begin warrel. Dis amper soos daardie toneel in Peter Greenaway se fliek Belly of an Architect, waar die gesette held en ‘n paar ander mans in wit handdoektogas in Rome na ‘n warm openbare bad toe aansweef.

Eers die stoom wat lui-lui na die plafon dryf, toe ‘n stewige wit arm – as dit nou nie ‘n rassistiese beskrywing is nie, bygesê – wat vanuit die deuropening te voorskyn kom, daarna ‘n ietwat toegewasemde bril. En toe: Kallie, die groot man self, die HUB van Afriforum.

Hy gee so ‘n laggie en sê: “Jammer, man, ek het eers gou gesauna.”

Natgesweet kom hy na die borrelbad toe aangestap.

“Môre, môre,” sê hy. Skoppensboer en Kallie Kriel skud blad, ‘n bietjie glibberig van stoombad en borrelbad.

“Het een van ons meisies al iets vir jou te drinke aangebied?” vra hy.

“Nee, nog nie, is ek bevrees. Maar dit maak nie saak nie,” antwoord Skoppensboer.

“Nee, nee, hier doen ons dinge nie só nie,” antwoord hy ferm. “Ons betaal ‘n klomp salarisse hier en daarom verwag ons goeie diens, veral hier op die boonste vloer in die uitvoerende ontspanningsarea. Haai, Véronique, kom neem ‘n bestelling hier.”

Binne sekondes trippel Véronique, die soort Franse meisiesnaam wat deesdae in Centurion gewild is, in haar einarompie en Afriforum-gholfhempie nader.

“Wat sal dit wees, meneer?”

“Wat van ‘n bietjie bruiswater?”

“Sekerlik, meneer. En vir meneer Kriel?”

Kallie dink ‘n oomblik daaroor na, vryf oor sy natgeswete hare, salig na die heerlike sauna.

“Maak dit ‘n bottel van daardie ingevoerde Duitse witbier.” En, terwyl hy na Skoppensboer draai: “Deesdae drink ek omtrent net Duitse witbier, dis lekker lig, nie te veel alkohol nie, veral so vroeg in die oggend.”

Véronique lewer hul bestellings af en Kallie skink sy witbier in ‘n oordadig lange bierglas, waarna hy daaraan begin teug.

“Lekker man, lekker,” sê die Afriforumbaas.

Die water borrel en die witbier vloei, so op ‘n Dinsdagoggend in Centurion.

“So, Kallie, hoe gaan dit met die besigheid?” vra Skoppensboer.

“Lekker man, lekker,” herhaal hy. “Eers het ons gedink ons kan net vir Malema en die ANC-jeugliga van rassisme en haatspraak aankla. Toe hou ons ‘n bosberaad op ‘n vyfsterwildplaas en besluit: ons moet nou kreatief en vernuwend raak. Wie kan ons nog aankla of dagvaar? Wat van die Afrikaanse organisasies wat ons kliënte afrokkel? Toe neem ons ‘n groot strategiese besluit: van nou af aan dagvaar ons sommer almal voor die voet, veral die Afrikaanse organisasies wat nog nie die nuwe bedeling aanvaar het nie. Naarpers is in die hemel daaroor! Adriaan Basson van Beeld het my persoonlik gelukgewens en gevra om sommer die PUK ook by te kom. Die spul Nazi’s. Kan jy glo? Nazi-saluut.”

Hy neem weer ‘n sluk van sy Duitse witbier wat iewers vanuit Beiere al die pad na Suid-Afrika verskeep is.

“Wie is nog op jou teikenlys, Kallie?” vra Skoppensboer versigtig.

“Wel, daar is ou Jaap Kelder van die NBU. Hy pla ons al lankal met sy belastingbetalersverenigings. Ons is juis nou besig om in die munisipale mark in te beweeg, dus kan ons nie langer sulke kleiner spelers in die mark verdra nie. Ons sal hom regsien.”

Weer ‘n sluk witbier, dan gaan Kallie voort: “Ons kyk nou na strategiese vennootskappe van links. Ek vlieg juis aanstaande week Amerika toe om met die Southern Law Poverty Center te gaan gesels. Weet jy hoeveel geld het hulle in die bank? Driehonderd miljoen dollar! Dis drie miljard rand, ou maat. Alles uit anti-rassisme-veldtogte. Daar is groot geld in anti-rassisme, dis die nuwe produk in burgerregte.”

“Maar wat van ‘nuwe vorme van diskriminasie’, dié teen minderhede, Kallie? Ek dag dis julle slagspreuk?” vra Skoppensboer versigtig.

“Kyk, ons is nie téén minderhede nie,” sê Kallie na ‘n oomblik van nadenke. “Maar dis ook nie goed vir ons beeld en ons handelsmerk as ons heel tyd net ‘n klomp wit staatsamptenare se regte verdedig of teen Afrikaanse naamsveranderings skop nie. Die media hou nie daarvan nie. Rassisme is die groot euwel in ons land, daarom posisioneer ons onsself nou ook as sterk anti-rassisties. Ek sê jou: dit gaan werk! Dit werk reeds.”

“Gepraat van wit amptenare,” begin Skoppensboer. “Ek sien nou jul sustersvakbond, Solidariteit, verdedig daardie twee blanke bestuurders wat nou by die Johannesburgse lughawe geskors is omdat hulle die lugverkeerbeampte mnr. Patrick Sithole ‘n tugverhoor wou gee. Blykbaar het Sithole amper twee vliegtuie deur sy nalatigheid laat bots. Nou word die twee wit bestuurders van rassisme beskuldig.”

Kallie bly ‘n oomblik stil, met sy halfvol bierglas wat in die lug huiwer.

“Wááát? Wat vertel jy my nou? Ek het vir Flip Buys en Dirk Hermann vertel dat ons strategie nou verskuif het. Ons wil niks meer met rassiste te make hê nie. Kan jy glo; die twee bevraagteken mnr. Sithole se bekwaamheid en optrede? Hulle verdíén om geskors te word! Véronique, Véronique, waar’s my iPhone?”

Enkele sekondes later kom Véronique inderhaas ingetrippel met Kallie se selfoon en ‘n spierwit, vars handdoek. Die hoof van Afriforum droog vinnig sy hande en sy hare af, neem die iPhone en druk ‘n enkele nommer. Snelbel.

“Hallo, Willie. Ek is net hier in die jacuzzi saam met Skoppensboer. Maak jou reg vir ‘n elfuurvergadering. Kry die hele regspan bymekaar. Ons vat vir Solidariteit Gelykheidshof toe. Het jy gehoor wat het hulle teen mnr. Sithole aangevang? Hulle is rassiste! Verdedig twee verregses wat hom ‘n tugverhoor wou gee oor ‘n klein foutjie daar by die lughawe. Hulle steek ons in die skande. Sulke Nazi’s.”

Dan draai Kriel na Véronique toe om: “Kry vir Anita Visser van RSG op die lyn. Sê vir haar ons reik dagvaarding teen Solidariteit uit weens haatspraak, diskriminasie en erge rassisme. Sy gaan hiervan hou!”

Vir enkele minute ontspan Skoppensboer en Kallie Kriel nog in die borrelbad terwyl Véronique en ‘n hele span skakelbeamptes en kopieskrywers die mediastorm teen Solidariteit ontketen. Kort-kort biep Kallie se iPhone as nog ‘n afspraak op radio of TV in sy digitale dagboek registreer.

“Jammer, ou Skoppensboer,” sê hy oplaas, met ‘n skewe glimlag. “Ek het gedink dit gaan ‘n rustige oggend wees. Maar dankie vir daai wenk oor die lughawebesigheid. As jy ‘n rassis gewaar, moet jy vinnig op hom spring voor iemand anders dit doen. Dis hoe ons rol in die burgerregtebesigheid.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Sandy

    Wat is rassisme? Hoe weet wanneer iemand n rassis is?

  • Arrie

    Publisiteit het duidelik na die vetsak se kop gegaan. Hy het geld gevat om Malema te stop, maar die Effers bevark die parlement soos ons hier skryf. So waarvoor het ons betaal? Net so dat Malema ekstra advertensie van Afriforum kan kry? Toe dr Dan een merkse hou teen Steve se vyande slaan, toe kry die vetsak ‘n video van vyf jaar gelede? Hoekom het hierdie vet stuk drek nie vyf jaar gelede probleme daarmee gehad nie? Ek kan nie vir jou die walging beskryf wat ek vir hulle voel nie!

  • FR2P

    Fatso does not have enough imagination to behave like a crime boss. He saves that for One-eye. All he’s capable of is hiding biltong under his bed. He’s just a drearily soulless, principle-free, power-hungry wannabee in FW’s little Game of Thrones

  • guest

    British showing their moral superiority: https://www.youtube.com/watch?v=LBLBxb29maw

    • FR2P

      They have to since they are killing whites in SA

  • Mitsy

    Mr Narcissistic Russel Brand nows everything and the Lesbian
    in in charge. When you are a normal person today, you don’t count anymore
    because LBTG has more rights than the heterosexual person. What a sick society…
    when I was young gay used to mean: light-hearted and carefree,cheerful, cheery, merry, jolly, light-hearted, mirthful, jovial, glad,
    happy, bright, in good spirits, in high spirits, joyful, elated,
    exuberant, animated, lively, sprightly, vivacious, buoyant, bouncy,
    bubbly, perky, effervescent, playful, frolicsome..

  • Citydweller

    Stefan, moet dit nie letterlik opneem nie…..

    • Dolk

      Ek het… 😉

  • Rifrug

    “Die algemene bedoeling van satire is om humoristies te wees, met die
    groter doel dikwels konstruktiewe sosiale kommentaar deur die gebruik
    van vernuf as wapen en as hulpmiddel om aandag te vestig op spesifieke
    en wyer geskille in die samelewing. ʼn Gemene deler van satire is sterk ironie of sarkasme ” http://af.wikipedia.org/wiki/Satire

    Jy het tog seker nie gedink …
    – groot, gemaklike borrelbad in Kallie se kantoor is werklikheid nie?
    – Afroforum maak regtig ‘n saak teen Solimorsmytyd nie?

    Of dalk het jy gladnie gedink nie!

    • Kaylee van Yken

      Stefan het NIE gedink nie, ek het sommer nou uitgebars van die lag. Stefan, lees weer en weer totdat jy mooi verstaan.

      • Dolk

        Volstruise kan nie soos valke vlieg nie. Koer – soos duiwe? Dalk… 😉

        • Dolk

          NS Ek’s SO BLY om jou gesiggie hier te sien Trippie! Hoeners!!! Waar is jy en Javvies asb!?! :-(………….

      • Rifrug

        Stefan: “Grootste pot bollie wat ek nog ooit gelees het.”

        “Maar niks het gekom by die Bollie nie. Ek het hom aanhou lees tot ek
        veels te groot was vir hom, aanhou bly hang aan my kind-wees.”

        En die held in die verhaal, blou Bollie homself. Sy sussie Krabbel,… Tjoek-tjoek, Tant Netso, Boekies, Oom Dik-Daan
        en Tant Doortjie! Hoe wonderlik was die hase nie.

        http://rosalindfranklin.wordpress.com/author/rosalindfranklin/page/21/

        • Kaylee van Yken

          Neem mens terug na die goeie ou dae. Bestaan Bollie nog ? Lyk vir my die enetjie is ‘n 1978 uitgawe.

          • Dolk

            Die dae toe meerminne nog ‘n “dubbel-v” op hul t-se-hempies gedra het. 🙂 Hehe!

          • Dolk

            NS… Verbeeldinglose Vrekke…

    • Dolk

      Jy gaan hom nie met kwantumfisika oortuig nie…

  • Sjert

    Jis Kallie ou HUB,
    Ek het nie geweet dat ‘stefan’ jou skryfnaam is nie!
    Lekker man lekker!!!

  • Dieannerou

    Nou lekker gelag goeie skrywe.

  • Dolk

    Dis mense soos jy (julle) – wie “Ons” ‘n frieken slegte naam gee…

    Wat my (o.a.) die meeste dronkslaan is… Hoe van die dwaasste en platste onder die son se sekel-kim – so welaf en pouerig kan raak…