Afriforum het totaal oorboord gegaan teen Dan Roodt

Deel op

Geagte mnre. Roets en Kriel, julle aanvalle op Dan Roodt die afgelope twee dae, bring ‘n bitter smaak in baie van ons monde. Julle wat julself beskou as professionele mense en leiers van ‘n organisasie wat veronderstel is om vir die burgerregte van die Afrikaner te veg, het totaal oorboord gegaan. Die feit dat julle dr. Roodt ‘n rassis noem en dit op nasionale radio (RSG Spektrum) is n skande.

Waar is die etiese kode om nie jou eie mense in die openbaar sleg te maak nie? Het enige van julle twee menere, vir Dan gekontak om hierdie onsmaaklikheid agter die skerms te kon uitklaar? Dit blyk dat Afriforum probeer om politieke munt uit die hele fiasko te slaan, al is julle veronderstel om julle slegs toe te spits op burgerregte.

Nou wonder ek net, julle het Dan Roodt in die openbaar ‘n rassis genoem, waarom verklaar julle dit nie ook in die openbaar en verduidelik aan julle ondersteuners waarom julle geen optog gesteun het vir die vrylating van Clive Derby-Lewis of enige ander Boeregevangene nie? Of steun julle nie tronkvoëls nie? (Behalwe miskien Mandela of Bram Fischer?) Julle wil mos nou politiek speel en links en regs klappe uitdeel. Kom vertel vir al julle ondersteuners en lede waarom julle nie ons optogte gesteun het nie?

Ek wil verder van julle here weet: Wie is julle om te praat op nasionale radio asof julle almal van ons verteenwoordig? Sover ek weet, verteenwoordig julle beslis nie 4,5 miljoen blankes nie.

Dit is baie maklik om enige witman ‘n rassis te noem, en vergeet vir eers van Dan Roodt. Wat klassifiseer julle as ‘n “rassis” en “rassisme”?

Is dit rassisme as ek as Boere-Afrikaner opstaan teen plaasmoorde, volksuitwissing, die mishandeling van ons mense, diefstal van ons gronde, die weerhouding van blankes in die werksplek, teen regstellende aksie en SEB (BEE), of dat blankes in die algemeen as tweedeklasburgers beskou word? Is dit nie ‘n feit dat die meerderheid mense wat misdaad pleeg, swart is nie?Om ‘n feit om te skakel na rassisme is lagwekkend.

Dit is duidelik dat julle ‘n tipiese, FW de Klerk-sindroom op die werklikheid probeer toepas. Suid-Afrika verkeer in sy huidige toestand as gevolg van witmense wat ‘n liberale politieke korrektheid wou toepas en nou duidelik ontplof dit in hulle eie gesigte. Kyk maar hoe lyk dit in die sogenaamde parlement!

Julle roem julle doen baie vir die Afrikaners. Ek sal graag wou weet hoeveel anderskleuriges en nie-Afrikaners julle huisves? Namens wie praat julle? En definieer asb. of julle selfbeskikking voorstaan. En indien julle selfbeskikking voorstaan, in watter vorm sal julle dit steun?

Verder wil ek weet of die FW de Klerk-stiging enige donasies aan julle maak?

Miskien is baie van ons maar soos Dan, net ‘n klomp “rassiste” (met ander woorde mense wat die onbekwaamheid en geweld raaksien). Wat ons ook al doen in die land, sal ek as witman altyd as ‘n “rassis” geëtiketteer word.

So, noem ons soort maar wat julle wil, om polities korrek te wees. Self sal ek seker vir ewig die swaard van “rassisme” bokant my kop moet verduur.

– Wessel Basson

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.