VSA soek steeds redes vir oorlog in Europa

Deel op

Amerika het onder die dekmantel van NAVO sy aggressiewe beleid van uitbreiding in Oos-Europa bevestig met hernude aanvalle teen Rusland.

Kenners waarsku reeds geruime tyd dat die VSA afstuur op ‘n kernoorlog met Rusland weens ‘n Neo-konserwatiewe kliek in die Withuis se eiegeregtige houding teenoor die hulpbronne van soewereine state.

Terwyl die Oekraïense weermag hergroepeer mbv Amerikaanse raadgewers en wapentuig om Russiese dele van die land etnies te suiwer, het Amerika Rusland daarvan beskuldig dat hy die skietstaking in die Oekraïne ondermyn.

Rusland het dit ten sterkste ontken.

Dié beskuldigings volg nadat Rusland nuwe radarbesonderhede vrygestel het wat daarop dui dat militêre vliegtuie in die lug naby vlug MH17 was toe dit neergestort het in die ooste van die Oekraïne op 17 Julie.

Dit is ‘n verleentheid vir die VSA en hul bondgenote wat Rusland as die sondebok probeer voorhou.

‘n Radarstasie in Rostov, naby die Oekraïense grens, het kort voor en sowat 20 minute ná die MH17-ongeluk getuienis van die vegvliegtuie se teenwoordigheid bevestig.

Volgens Sergey Melnitsjenko, hoof uitvoerende beampte van Aviation Safety Consultancy, was daar een of twee vegvliegtuie in die lug naby aan die Maleisiese vliegtuig.

Die bewysstukke laat ernstige twyfel oor die weergawe van die tragedie wat deur Westerse lande voorgehou word, wat beweer die vliegtuig is afgeskiet deur pro-Russiese magte met ‘n gesofistikeerde oppervlak-tot-lug missiel.

Die rebelle besit geen lugmag van hul eie nie, en Rusland en die Oekraïne is die mees logiese partye wat vegvliegtuie sou stuur na die gebied, het kenners gesê.

Indien dit Russiese vegvliegtuie was wat oor die grens gevlieg het, sou hulle dadelik op beide die Oekraïene sowel as NAVO se radarstelsels opgeduik het.

NAVO en die Oekraïne het nog nie gereageer op die inligting nie.

Die deskundige het bygevoeg dat die teenwoordigheid van militêre vliegtuie noord van die Boeing hulle in ‘n posisie aan die linkerkant van die passasiersvliegtuig sou geplaas het. Sommige foto’s van die ongeluk het skade aan die kajuit se linkerkant getoon, in ooreenstemming met ‘n scenario van só ‘n aanval.

Die Minsk-ooreenkoms wat in September onderteken is, is reeds stelselmatig deur Kiëf ondermyn.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het vroeër gewaarsku dat ‘n Russiese militêre teenwoordigheid die ooreenkoms in die gedrang sal bring, maar nie kommentaar gelewer oor hul eie militêre opbou in Oos-Europa nie.

Rusland ontken dat hy troepe in die ooste van die Oekraïne ontplooi om separatiste te steun.

Die VN se Veiligheidsraad het intussen ‘n noodvergadering in New York gehou, maar weens Rusland se vetoreg het die vergadering nie veel opgelewer nie.

Pro-Russiese magte sê Poolse soldate is opgemerk noord van Donetsk. Kiëf het ook wapentuig en troepe die afgelope paar dae in die ooste van die land gekonsentreer.

Die Amerikaanse ambassadeur in die VN, Samantha Power het weer die kans benut om ‘n tirade teen Rusland van stapel te stuur.

Haar beskuldigings dat die land ‘n nuwe koue oorlog wil begin, het egter op dowe ore geval, aangesien dit reeds duidelik is dat die VSA ‘n regimeverandering in die mou voer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.