Eienaar met aparte toilette sê jammer

Deel op

Die eienaar van ‘n kantoorgebou in Louis Trichardt het om verskoning gevra omdat kleedkamers by sy besigheid op grond van velkleur geskei is, het RSG berig.

Die Menseregtekommissie se bestuurder in Limpopo, Victor Mavhidula sê die eienaar van die gebou het die gebruik reeds gestaak.

Die eienaar van ‘n ander besigheid word intussen ook ondersoek vir dieselfde diskriminasie.

Mavhidula sê die MRK is bekommerd oor toenemende berigte van rassisme en vra die publiek om dit aan te meld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.