Nog ‘n vuilbekvloeker skryf in Beeld terwyl sirkulasie daal

Deel op

Ná Conrad Koch alias Chester Missing vir Steve Hofmeyr liederlik op Twitter uitgevloek het – so erg dat Hofmeyr ‘n byna onaanvegbare lastereis teen hom kan instel – skryf ene Chris McEvoy deesdae in Beeld en op Netwerk24. McEvoy het hom insgelyks op Twitter onderskei as iemand wat vrylik ander gebruikers in die mees onkiese taal denkbaar vloek.

Die omstrede McEvoy kan as ‘n Boerehater beskryf word, want hy is baie anti-Afrikaans. Waarskynlik word sy bydraes tot Beeld uit Engels vertaal.

Ook dr. Piet Croucamp, een van Beeld se gereelde rubriekskrywers, is ‘n egte Boerehater wat in gekruide taal, nie net teen Afrikaners nie, maar ook teen Christene uitvaar, soos praag al voorheen berig het.

As jy pro-Engels, anti-Afrikaans en ‘n groot vloeker is, is dit blykbaar deesdae aanbevelings om in Beeld, die grootste Afrikaanse dagblad, te skryf.

In sy mees onlangse rubriek in Beeld vaar Chris McEvoy – wat anders? – teen Steve Hofmeyr uit weens sy “rassisme”, maar grawe veral in die sanger se private lewe rond ten einde hom beter te kan afkraak.

McEvoy noem onder andere vir Steve Hofmeyr ‘n “woedende, ras-uittartende vreesstoker” en verwys na joernaliste wat in 2008 “oorspoel is deur ’n tsoenami van smet” rondom die sanger se private lewe.

Chris McEvoy
Chris McEvoy

Intussen verkeer Beeld in vryval wat sy sirkulasie betref. Die koerant, wat eens ‘n sirkulasie van meer as 100 000 gehad het, staan nou op 59 282. Die jongste ABC-syfers toon dat veral Saterdag-Beeld se verspreiding oor die afgelope jaar met byna 17% gedaal het, vanaf 59 690 tot 49 234. Dit is veral in die Saterdag-Beeld waarin swaar polities korrekte inhoud en kommentaar geplaas word, soortgelyk aan die ontslape Insig-tydskrif wat insgelyks deur Afrikanerlesers verwerp is.

Ook ander Nasperspublikasies soos Rapport plaas toenemend vertaalde artikels deur Engelssprekendes en swartes, omdat die poel van polities korrektes in Afrikaans kennelik nie groot genoeg is nie. Vir die eerste keer in meer as 100 jaar van Afrikaanse perswese mag Afrikaners nie meer in Afrikaanse koerante skryf nie.

Op ‘n Twitter-navraag deur Dr. Dan Roodt, het McEvoy soos volg geantwoord:

Enkele minute later het McEvoy egter op Twitter begin vloek:

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.