Staat hou Zuma se seun verantwoordelik vir dood van insittende

Deel op

Die noodlottige ongeluk waarin ‘n swart passasier, Phumzile Dube in Februarie op die M1 by Sandton dood is, is die president se seun se skuld.

Die staat het aangevoer dat Duduzane Zuma, seun van president Jacob Zuma, verantwoordelik is vir dood van ‘n taxi-insittende.

Die getuienisleier, Yusuf Baba het in die geregtelike ondersoek na die ongeluk in die Randburgse landdroshof gesê dat die seun van President Jacob Zuma nie sy spoed in swak weerstoestande verminder het nie.

Volgens hom, kon die ongeluk waarin Zuma met sy luukse motor in die minibus-taxi vasgery het, voorkom gewees het.

Zuma het na bewering met sy motor deur ‘n poel water gery en daarna beheer verloor toe die voertuig gegly het.

Baba sê Zuma het nogtans vinniger as 100 kilometer per uur bly ry ten spyte van swaar reën en swak sig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.