Molesteerder deur Interpol uitgesnuffel

Deel op

Die borgtogaansoek van die Vrystaatse man wat daarvan aangekla word dat hy sy twee dogters en 17 ander meisies seksueel gemolesteer het, gaan vandag voort in die landdroshof in Sasolburg.

Die man is aangekeer nadat Interpol die plaaslike owerhede laat weet het dat hy op ‘n pedofielnetwerk ingeskakel het.

Hy het glo materiaal van homself waar hy verskeie meisies molesteer, op die netwerk gepubliseer.

Die man wie se identiteit weerhou word om sy dogters te beskerm, het gister vlugtig in die landdroshof verskyn.

Met sy inhegtenisname het die polisie beslag gelê op onder meer rekenaars, asook inkriminerende materiaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.