Parafilie (van die Griekse para παρά = naaste en -philia φιλία = vriendskap) is die versamelnaam van ‘n groep seksuele handelinge wat afwykend van heersende norme is.
Beeld het dit Donderdag as ‘n soort advertensie in ‘n hoofberig gebruik, wat die vermoede verder versterk dat die koerant besig is met ‘n donker projek.
Parafilie kan van onskadelike tot erg skadelike gedrag wissel wat sulke persone se omgewing betref.
As dié seksuele gedrag lei tot probleme tussen ‘n persoon en sy omgewing, kan daar sprake wees van ‘n ernstige geestesongesteldheid. Om dus sulke afwykings as ‘n “ope belydenis” op ‘n koerantvoorblad aan te bied, laat vrae oor die redaksionele gesondheid van Media24 ontstaan.
Yvonne van den Bergh, wat bekendheid verwerf het vir haar rolle in die Die vierde kabinet, 7de Laan en Orion, asook in die kykNET-program Vallei van sluiers, het op Facebook ʼn bekentenis gemaak oor dié afwyking.
Die aktrise het haar “haar tweede beroep en groot liefde” naamlik BDSM, oftewel Bondage and Discipline, Dominance and Submission, Sadism and Masochism op Facebook bely.
“Hierdie wat ek julle nou gaan vertel, het eintlik niks met enigiemand te doen nie, maar Rapport dink ongelukkig nie so nie en wil dit Sondag publiseer. ‘n Online stalker, ‘n cyber-boelie, het BDSM-foto’s van my vir hulle gestuur. Ek weet ‘n koerant sal dit net probeer sensasionaliseer, so ek vertel dan eerder vir almal wat my tweede beroep en groot liefde is, al het dit niks met enigiemand te doen nie.”
Dié belydenisse is kennelik gemaak onder aanmoediging en dreigemente van sekere partye.
Feit is dat dit die meeste lesers met ‘n gevoel van ongemak laat in ‘n koerant wat hom as ‘n ernstige nuusblad aanbied, wat die besluit om dit as nuuswaardig te beskou onder verdenking plaas.