Afrikaans is Groot in volle vaart!

Deel op

Afrikaans is Groot (AIG), die Afrikaanse musiekkonsertreeks wat Vrydag in Pretoria begin, sal nie deur die ANC-jeugliga ontwrig word nie.

Die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Kgosientso Ramokgopa, het intussen ‘n uitnodiging aanvaar om van die konserte by te woon.

Die organiseerders het veiligheidsmaatreëls in plek gestel om te verseker dat kaartjiehouers nie verontrief sal word deur die ANC-jeugliga nie.

Barnard Beukman, organiseerder van AIG, navrae is ontvang oor of dit veilig sal wees om die konserte by te woon na berigte dat die ANC-jeugliga buite wil betoog.

Dié dreigemente vorm deel van georkestreerde pogings om die konsert in die wiele te ry, ook met persoonlike aanvalle teen een van die groot vermaaklikheidsterre by AIG, Steve Hofmeyr.

‘n Tussentydse bevel teen Hofmeyr se teisteraars is intussen toegestaan in die Randburgse landdroshof.

Dit blyk nou dat die Jeugliga nie enige aansoek ingedien het om ‘n betoging te hou nie. Só ‘n aansoek moet by die owerhede ingedien word alvorens daar sprake is van ‘n protesbyeenkoms.

Die ANC-jeugliga se tak wat ‘n verklaring uitgereik rakende protes, het glo aan AIG bevestig dat daar geen finale besluit oor enige protesaksie geneem is nie en dat dit tans net “oorweeg” word.

Minstens sewe dae se voorafkennisgewing is onontbeerlik en indien dit afgewys word, word die betoging onwettig beskou deur die polisie.

Geen melding van só ‘n georganiseerde betoging is egter gemaak in ‘n verklaring wat uitgereik is deur die Jeugliga nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.