Verkragting die nuwe polisiesport

Deel op

Volgens die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) het die aantal klagtes van verkragtings wat deur polisielede gepleeg is in ses maande (April – September 2014 teenoor dieselfde tydperk in 2013) met 25% toegeneem en verkragtings van persone in aanhouding het met 160% toegeneem.

Die OPOD het hierdie statistiek bekend gemaak in ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor polisie in die parlement.

Die aantal verkragtings deur polisielede wat op diens is, met 56% toegeneem het. In die geval van mense in polisieaanhouding wat verkrag is deur polisielede wat op diens is, was die toename ‘n yslike 350%!

Dit beteken dat hierdie verkragters glo hulle is verhewe bo die reg bloot omdat hulle polisielede is en die gesag wat aan hulle toegeken is op grond van hulle amp, misbruik.

In dieselfde ses maande tydperk is 127 klagtes ontvang vir sterftes in polisieaanhouding en 186 klagtes vir sterftes as gevolg van polisieoptrede, ’n totaal van 313 sterftes.

Voorts is van die 475 aanbevelings deur die OPOD om optrede teen polisielede te inisieer, slegs 33 sake afgehandel. Dit beteken dat die polisie slegs 6,9% sake afgehandel het.

Kennelik is die SAPD en die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, besonder traag om op te tree teen hul eie lede.

Die OPOD is die instelling waardeur die algemene publiek kan klagtes lê teen ongemagtigde optredes van polisielede, maar indien slegs 6,9% sake afgehandel is, beteken dit dat die publiek se klagtes in wese geïgnoreer word.

Dat OPOD nie optree om die publiek te beskerm nie, is een van vele redes waarom die SAPD kwalik nog vertroue inboesem.

Indien  nie ingryp en polisielede wat hulle skuldig maak aan wandade ontslaan uit die diens nie, kan dit die SAPD se rol as beskermer heeltemal tot niet maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.