Ebola eis nog ‘n slagoffer in Mali

Ebola het nog ‘n slagoffer in Mali geëis.

‘n Gesondheidswerker wat ‘n ebola-pasënt van Guinee behandel het, het die tweede persoon geword om in die land aan die virus te sterf.

Die kliniek in Bamako waar die gesondheidswerker gewerk het, is intussen deur die polisie afgekordon.

Die gesondheidswerker het ‘n man wat van Guinee gekom het by die Pasteur Clinic behandel.

Bykans 5000 mense is reeds in die Wes-Afrikalande, Guinee, Siera Leone en Liberië aan die siekte dood.

Die jongste geval hou nie verband met die eerste nie toe ‘n twee-jarige meisie dood is aan die siekte aan die einde van Oktober.

Dinsdag is dit voorts bevestig dat Marokko nie meer die gasheer vir die 2015 Afrika-beker van Nasies sal wees nie, as gevolg van sy vrese oor ebola.

Sierra Leone bied intussen $5000 in vergoeding aan die families van gesondheidswerkers wat gesterf het as gevolg van die behandeling van pasiënte met ebola.

Elders het plaaslike leiers van ‘n dorp in Guinee ‘n eetstaking gehou in protes teen die weermag se teenwoordigheid daar sedert September.

Die laaste bekende persoon in die VSA met ebola, spandokter, Craig Spencer, het herstel en is uit die hospitaal ontslaan.

Intussen versprei die virus steeds in Sierra Leone, met byna 300 nuwe infeksies net in die laaste drie dae.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.