Oorskot van kerkrampslagoffers uit Nigerië verwag

Deel op

Die oorskot van 85 persone van Suid-Afrika wat in Nigerië gesterf het toe ‘n gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, sal na verwagting hierdie naweek huis toe gebring word.

Die minister in die Presidensie, Jeff Readebe sê lede van die weermag, polisie en die department van gesondheid is in Nigierië om bystand te verleen.

Radebe is in Nigerië om die proses te probeer bespoedig, twee maande nadat die ramp plaasgevind het weens ontevredenheid wat opgelaai het onder oorlewendes en naasbestaandes oor die gesloer.

Hy sê die liggame van die 81 Suid-Afrikaners kan reeds teen Vrydag of Saterdag in Suid-Afrika wees.

Radebe sê president Goodluck Jonathan van Nigerië het hom daartoe verbind om te verseker dat al die liggame so gou as moontlik teruggebring word.

“As alles goed verloop, sal dit hierdie naweek gebeur,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Dinsdagaand tydens ʼn perskonferensie in Lagos gesê.

Die gastehuis het op 12 September ineengestort. Altesaam 116 mense is oorlede, waarvan 81 Suid-Afrikaners, asook drie Zimbabwiërs en een persoon van die DRK wat Suid-Afrikaanse paspoorte gebruik het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.