Pere de Vos se hartseerverhaal

Pierre de Vos klink deesdae vir my of hy die soort van afskuwelike sielshartseer ervaar wat die Hexvallei se werkers teister na ‘n uitmergelende dag se geswoeg, waar hy sy buurman verwurg het, sy vrou hospitaalryp geslaan het, die verkragte baba in die vuur gegooi het, en dan die enigste kas in sy armoedige, rookgevulde plakkersgehuggie oopgemaak het om te ontdek dat die papsak klaar is.

Pierre beteken glo klip in Frans, hoor Skoppensboer, maar hy dink dis ‘n verkeerde spelling vir die regte naam Pere. Niks aan die vent se hardvogtigheid is hard genoeg om nie onder die aanslag van ‘n paar sagte vrugte te vou nie. Nie dat Skoppensboer veel van Frans weet nie, maar dit staan nie in ons Grondwet nie.

Pere se pyn kom van sy bemoeienis met groot sake waar die leier van die Vrye Wêreld, sy swart rolmodel, daagliks stoei met sake van uiterste belang soos hoe om kougom ongesiens uit te haal as jy dit klaar oopbek gekou het. En ou Pere glo vas hy kan al hierdie planetêre kwessies  in sy Morele Eskatalogie vir ons oorvertaal in Grondwets.apecbigo

Skoppensboer verwonder hom altyd aan al die gemiddeldes wat nog nooit basiese wiskunde kon baasraak nie, maar die Grondwet voorhou as vordering op Fermat. Daar’s nou ‘n bietjie Frans wat Skoppensboer wel ken.

Uit Grondwets leer ons sulke dinge soos dat Pere skitter met projeksie waar hy die gewildste sanger in Suid-Afrika se ondersteuners as hartseer beskryf, terwyl hy met trane in sy nywieblou oopgerekte oë vas onder die indruk verkeer dat die aanvaarding van pedofilie ‘n hoofstroomdebat is. Dis om van te gril. En Skoppensboer gril nie maklik nie.

Die hele gegrondwettery is so opgeblaas soos ‘n leë papsak op ‘n Saterdagaand, dws baie opgepomp. Amper so baie dat ‘n mens se oë wil uitpeul daarvan. En diesulkes wat ons vertel hoe vreeslik ingewikkeld Grondwets is, het glo ewe erg gesukkel om deliktereg baas te raak.

Ewenwel, gelukkig is Skoppensboer nie op papsak nie, maar op papsakke van die tweebeenspesie wat al wat ‘n alie is moet lek teen hulle enorme hartseer van verlies. Die grootste verlies synde natuurlik die een aan waardigheid en eer soos hulle skarrel om nie van die anti-misdaad-, swart, bendewerende elektriese veiligheidsdraad af te val nie.

As daardie grondwetterkennis nog groter was, was dit so gevaarlik soos ‘n plassie op die vloer. Van daai waarna ‘n mens wys as jy sê: “Pasop! Moenie daarin trap nie!”.

Geen wonder die Katalane het dié week kies-‘n-vinger met Spanje se regering gespeel nie.  Skoppensboer verneem hulle het Sondag vinger-etes, tapas, op die Spaanse grondwetters se dekrete bedien toe hulle gaan stem het vir onafhanklikheid.

Skoppensboer kan met redelike sekerheid dinge voorspel, en een is dat die wolf Rooikappie se grondwet gebruik het om sy smoel mee af te vee eers nadat hy haar ingesluk het, ten spyte van wat ou Pere homself wysmaak.

Dis nie dat Skoppensboer Grondwetsweersin wil aanwakker nie, maar waar gashere na parasietpartytjies uitgenooi word sonder ‘n waarskuwing, en dit in die naam van ‘n stel dooie letters wat mense soos Pere adverteer, sit hy sy voet dwars neer. Soos hulle in ‘n antieke taal sê: Aikôna!

Nog so ‘n man wat nie deur ‘n hartseer papsakstorie van stryk gebring word nie, is Skoppensboer se held, Wladimir. putinrolls

Hier is die onlangse lugfoto van Poetin se motorkade. Duidelik was hy net agter Obama toe dit geneem is. Pere moet begin kennis neem van hoe dié manne rol.

 

 

 

 

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.