Sankariste bedreig VSA-greep op Burkina Faso

Deel op

Na ‘n gewilde opstand in Burkina Faso teen die jarelange diktator Blaise Compaore wat 27 jaar aan bewind gebly het ondersteun deur die Verenigde State en Frankryk, moes president Barack Obama vinnig beweeg om die VSA se teenstanders in dié land skaakmat te stel.

Die Withuis moet verseker dat lojaliste van Compaore se vermoorde voorganger, Thomas Sankara, nie ‘n greep op die mag verkry nie.

Die Amerikaanse Afrikabeheersentrum (Africom), met hul hoofkwartier in Stuttgart, Duitsland het vinnig het oorgegaan tot aksie om te verseker dat Burkina Faso ‘n militêre junta aanstel met luitenant-kolonel Isaac Zida as die “tussentydse” president.

Politieke partye en leiers van die burgerlike gemeenskap in Burkina Faso het intussen besluit dat die land in aanloop tot ‘n verkiesing aanstaande jaar deur ‘n burgerlike president gelei moet word, maar dat die regering ook lede van die weermag moet insluit.

Ingevolge ‘n konsep-handves oor die oorgangsperiode mag die tussentydse president en lede van die oorgangsregering nie aan die verkiesing deelneem wat vir November aanstaande jaar beplan word nie.

Die weermag, wat beheer van die land oorgeneem het ná die ontsetting van president Blaise Compaore sal sy eie handves voorlê in ‘n poging om konsensus te bereik.

Die adjunkbevelvoerder van die presidentswag, Isaac Zida het beheer van die land oorgeneem, maar belowe die weermag sal nie aan die mag vasklou nie. Maar sy vrome beloftes beteken dalk nie veel nie.

Obama, die CIA-direkteur John O. Brennan, en Africom is steeds bekommerd dat die grootste opposisie party, die Mouvement Sankariste (MS) nie ‘n nuwe regering moet vorm nie.

Die MS-leier, Bénéwendé Stanislas Sankara, ‘n familielid van die vermoorde Thomas Sankara en prokureur vir die Sankara-familie, staan ‘n baie goeie kans om Burkina Faso se nuwe president te word.

Maar Zida, ‘n gegradueerde van die VSA Gesamentlike Spesiale Operasies Universiteit by MacDill Air Force Base in Tampa, Florida, wat Africom se militêre intelligensiekursus in Botswana bygewoon het, is haastig deur die Obama-administrasie met dreigemente van geweld in Compaore se plek ingeskuif.

Die Ivoorkus-president, Alassane Ouatarra het die afgesette Compaore intussen met ope arms verwelkom. Ouatarra se moeder is in Burkina Faso gebore is, en word beskou as ‘n virtuele marionet van die Wêreldbank, die Pentagon, en Israel.

Burkina Faso, onder Compaore, het toegelaat dat ‘n Amerikaanse onbemandetuigbasis in die land gevestig word, ‘n geheime operasie met die kodenaam Creek Sand, en ‘n geklassifiseerde plaaslike intelligensiesentrum verbonde aan die Amerikaanse ambassade, met die kodenaam Aztec Archer.

Die gewilde Sankara was vyandig teenoor die IMF asook die Wêreldbank. Dit het hom duur te staan gekom. In Oktober 1987, het Sankara by ‘n nuuskonferensie gesê: “Ons moet met een stem praat, en sê hierdie skuld kan nie betaal word nie. En omdat ek die eensame stem is, sal ek vermoor word. Ons moet saam sê, ons kan nie betaal nie, want ons moet werk om ‘n toekoms vir ons mense te bou. Indien slegs Burkina Faso weier om te betaal, sal ek nie hier wees by die volgende konferensie nie.”

Twee weke na dié opmerkings, op 15 Oktober 1987, het Sankara se tweede-in-bevel, Compaore, by ‘n vertrek ingeloop waar Sankara gesit het en twee skote in Sankara se bors geskiet.

Compaore het sy staatsgreep met die CIA by die Amerikaanse ambassade in Ouagadougou en die Franse Algemene Direktoraat vir Eksterne Veiligheid (DGSE) in die Franse ambassade gekoördineer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.