Die ANC het in 2003 ‘alternatief’ vir plaasveiligheid belowe

Die oudste kommando in die land, Soutpansberg Kommando, is op 28 Augustus 2005 finaal ontbind tydens ‘n openbare parade.

Dr. Phillip Venter het tydens die parade ook vir die laaste keer as Kapelaan van die kommando gepreek, waarna die vaandel neergelê is.

In Februarie 2003 het die regering die eerste keer aankondiging dat die land se kommandostelsel afgeskaf gaan word. Daar is egter belowe dat dit nie sou gebeur alvorens daar ‘n “alternatief in plek is nie”. Selfs president Thabo Mbeki het bekommerde landbou- en gemeenskapsleiers gerusgestel dat die proses deeglik deurdink is, dat die gemeenskap nie onbeskerm gelaat sal word nie en dat daar ‘n nuwe beveiligingseenheid in plek sal kom.

Gemeenskaps- en landbouleiers het samesprekinge met die regering gevoer om hulle daarop te wys dat die kommandos ‘n baie belangrike doel dien om die hele gemeenskap te beskerm. Uit die bron Geskiedenis vir SA blyk dit dat die Soutpansberg kommando die oudste in die land was. Hul ontstaan was aanvanklik te danke aan die Tweede Vryheidsoorlog. Onder leiding van Stephanus Schoeman, kommandant-generaal vir Soutpansberg, was hul pligte toe al, afgesien van die oorlog, om die veiligheid van die nedersetters in die uitgestrekte gebied van die Soutpansberg te beskerm. Met verloop van jare het die kommando gegroei. Sy struktuur het aangepas, maar sy wesenlike plig het altyd die beskerming “van huis en haard” gebly.

Die kommando het die polisie, en soms die weermag, bygestaan in spesiale operasies en was ook baie ingestel op misdaadvoorkoming. Hulle het uitsonderlike werk verrig tydens natuurrampe en ander noodtoestande.

Op Dinsdag, 24 Mei 2005 het Beeld ‘n artikel gehad waarin berig is dat 55 kommandos reeds vir alle praktiese doeleindes hul deure toegemaak het.

Meer as tweederdes van die kommandolede was nie wit nie en volgens dr. Venter, meestal afhanklik van die kommando vir ‘n inkomste.

Meeste van hierdie lede is steeds heeltemal sonder ‘n inkomste. Twee opsies is aan hulle gegee. Hulle kon aansluit by die SANW of by die SAPD as reserviste. Dit het egter nie gebeur nie want hulle kon nie as reserviste geakkommodeer word nie. Die kantore wat deur die kommando gebruik is, behoort aan die Kommando trust. Dit sal voortaan gebruik word as ‘n noodsentrum.

“Die sluiting van die kommando was ‘n hartseer dag. In hierdie tyd wat verby is, lê groot boeretradisie en -geskiedenis,” sê Dr. Venter aan Zoutnet gesê. “Dit was deel van ons kultuur.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.