Vermeende swart plaasaanvaller voor

Deel op

Die vermeende swart moordenaar  wat daarvan aangekla word dat hy ‘n 69-jarige boer vermoor en ‘n minderjarige meisie verkrag het, het vlugtig verskyn.

Die borgtogaansoek in die landdroshof op Odendaalsrus is tot 21 November uitgestel.

Die polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng sê van die 31-jarige verdagte, Pule Motsamai word aangekla van moord, verkragting en huisroof.

Die verdagte en sy medepligtiges het Willie Jansen van Vuuren op die 30 Oktober doodgeskiet en wit meisie verkrag.

Die aanvallers het die kluis oopgesny en ‘n geld en ‘n vuurwapen geroof.

Van Vuuren is drie keer geskiet en is onderweg na die hospitaal dood.

Die aanvallers het met die boer se bakkie gevlug. Nog vier verdagtes is op vrye voet.

Die Transvaal Landbou-unie het vroeër sy syfers vir plaasmoorde en –aanvalle tot en met die einde van Julie bekend gemaak. Die voorsitter van die organisasie se veiligheidskomitee en adjunk-president, mnr. Henry Geldenhuys het opgemerk: “Net in die eerste nege dae van Augustus is daar reeds tien aanvalle en drie moorde waarvan ons weet”.

TLU SA het gesê daar was tot einde Julie 42 plaasmoorde. Die getal plaasaanvalle het van 142 in dieselfde tydperk verlede jaar, tot 158 sover (einde Julie) hierdie jaar gestyg.

“Dis skrikwekkend, en steeds is daar geen reaksie van die regering nie,” het hy gesê.

Die ANC wat plaasbeveiliging afgeskaf en strenger wapenbeheer ingestel het reeds onder Thabo Mbeki, staan steeds afsydig teenoor die ysingwekkende aantal moorde op blankes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.