Twee swart boere vas vir veediefstal

Deel op

Twee swart boere het Maandag in die Excelsior-landdroshof in Ladybrand, Vrystaat, in die hof verskyn op aanklag van veediefstal.

NUUT!

“Lazarus Thekiso (61) en Petrus Sithole (61) is Saterdagaand voor middernag in hegtenis geneem toe hulle met sewe skape betrap is en nie bewys van eienaarskap van die vee kon lewer nie,” het sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

“Ao Moabi Thekiso en konstabel Ikanyeng Sebitloane het op 8 November die R709-pad tussen Excelsior en Tweespruit gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte Hyundai-bakkie opgemerk het,” het Xuma gesê. “Die bakkie het die spoedgrens verontagsaam en die beamptes het die voertuig voorgekeer. Die verdagtes het sewe merinoskape agterop die bakkie vervoer.”

Die skape, ter waarde van ongeveer R10 500, is glo op ʼn plaas naby Phillip Sanders-oord, sowat 20 km buite Bloemfontein, gesteel.

Die polisie het ook die Hyundai-bakkie ter waarde van R100 000 gekonfiskeer. Die skape sal aan die regmatige eienaar terugbesorg word.

Die twee mans boer op buurplase. Hulle moet weer op 17 November in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding. Die ondersoek duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.