Bok van Blerk-fliek in VSA vrygestel

Deel op

Die Suid-Afrikaanse rolprent, Leading Lady, waarin die Afrikaanse sanger, Bok van Blerk ‘n rol vertolk, gaan in die VSA vrygestel word.

Starburst Promotion sê die sukses van die rolprent by die Seattle internasionale filmfees het daartoe gelei dat die Amerikaanse regte verkry is, het RSG berig.

Die regisseurs van die rolprent, wat op 28 November in Suid-Afrika vrygestel word, is Henk Pretorius en Llewelynn Greeff.

Die rolprent vertel die verhaal van ‘n Britse dramaskool-onderwyser wat ‘n Suid-Afrikaanse boer oorreed om haar te help om voor te berei vir ‘n rol as ‘n Afrikaanse oorlogsheldin.

Die Amerikaanse sterre, Katie McGrath van Jurassic World en Gill Bellows van Ally McBeal speel ook in die rolprent.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.