Cosatu moet geskille intern besleg sê ANC

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het in Johannesburg aan die media gesê Cosatu behoort onderlinge geskille intern by te lê.

Hy het gesê die vakbondfederasie moet nie in die openbaar verskille probeer besleg nie.

Cosatu het Numsa die naweek geskors.

Mantashe het Cosatu-vakbonde se reg erken om aan te dring op ‘n spesiale kongres, maar gemaan dat kwessies wat op die sakelys kom, eers vooraf ooreengekom moet word.

Mantashe het vroeër gesê die skorsing van Numsa uit Cosatu is ‘n terugslag vir die Cosatu asook die drieparty-alliansie.

Hy het ook gesê ander “progressiewe” stuwinge in die land sal daaronder ly.

Maandag het nog sewe vakbonde hulle betrokkenheid by Cosatu opgeskort en onderneem om Numsa se skorsing te beveg.

Numsa het egter gesê hulle is steeds deel van Cosatu en erken nie die skorsing nie.

 

Mantashe het gesê adjunkpresident Cyril Ramaphosa wou namens die ANC die skeuring tot elke prys voorkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.