Swart ma martel kind dood

Deel op

‘n Swart ma van Mpumalanga is Maandag in Nelspruit skuldig bevind aan sy moord nadat sy haar driejarige kind só erg aangerand het dat sy lewer gebars het,

Mawanda Nokwanda Matsebula (23) van Barberton is skuldig bevind aan kinderverwaarlosing en moord, het Sapa berig. Sy is in Oktober 2010 in hegtenis geneem ná Siphosethu Mhlanga se dood.

Matsebula het onskuldig gepleit en haar ma Kholiwe Mhlanga, wat in Swaziland bly, en haar verhuurder, Netty Mavuso, beskuldig van die moord.

Regter Peter Mabuse het Maandag gesê die seuntjie is dood as gevolg van bloedverlies weens sy beserings. “Dr. Gantsjo Prodanof Gantsjef, ʼn staatspatoloog, het getuig dat die kind aan verskeie beserings beswyk het. Hy het skedel- en ribfrakture gehad en breinskade opgedoen tydens die aanranding,” het Mabuse gesê. “Dit was ‘n skop of ‘n vuishou wat veroorsaak het dat sy lewer gebars en hy dood gebloei het.”

Foto’s wat tydens die hofsaak vertoon is, het die skop- en slaanmerke getoon.

Die kind is moontlik ook met ‘n sambok of ‘n tou aangerand.

“Hy sou nie langer as vier ure bly leef het ná die aanval op 6 Oktober 2010 nie.”

Mavuso, wat die kamer aan Matsebula verhuur het, het getuig dat die ma die kind alleen in die huis toegesluit het terwyl sy sake bedryf het. “Die seuntjie het homself bevuil wanneer hy alleen was, en dit is een van die redes waarom sy hom aangerand het,” het Mavuso gesê. Sy het op die dag van die kind se dood harde musiek uit die kamer gehoor en die beskuldigde het haar later kom roep om te sê die seuntjie gooi op. Hy het op die vloer gelê met ʼn kombers langs hom toe hulle by die kamer aangekom het. ‘n Verpleegster is ontbied en die kind is dood verklaar.

Volgens Matsebula het die kind van ʼn sekuriteitshek afgeval en hy het van Swaziland af teruggekom met die beserings. Mabuse het dié bewerings verwerp.

Matsebula moet weer op 19 Januarie in die hof verskyn vir ʼn voorvonnisverslag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.