Conrad Koch se vloekende swart pop simbolies van dié bestel

Deel op

Deesdae verlang ek erg terug na PW Botha, want in sy tyd was daar baie meer demokrasie en spraakvryheid as in die huidige bestel wat bloot self-satiries na hom as ‘n “republiek” verwys.

Almal wat destyds oor sensuur gekla het, onthou nou met nostalgie dat as jou boek of geskrif verbied is, kon jy daarteen appelleer. Verstommend! Destyds was sensuur gegrond op die inhoud van wat jy sê. Tans werk dit anders. Benewens die byna universele self-sensuur en taboe-onderwerpe waaroor jy glad nie in die openbaar mag praat nie, raak jy Sowjetagtig “in onguns” as jy met die verkeerde mense assosieer.

Vandaar dus Beeld se onlangse hoofartikel wat Steve Hofmeyr daarteen waarsku dat hy nie met my moet assosieer nie. Blykbaar verkeer ek in onguns, omdat ek:

  1. die demokrasie ernstig opgeneem het – terwyl ek soos almal behoort te besef dat dit eintlik net ‘n klug is; en
  2. dat ek die stigter van ‘n “regse” organisasie (PRAAG) is.

Enige verknogtheid aan Afrikaans, taalregte of kulturele selfbeskikking is seker vanuit Beeld se linkse (ekstreem-linkse?) gesigspunt per definisie “regs”. Laat almal in aanbidding voor proletariese internasionalisme neerbuig!

 

winnie-mandela-slovo_flag

Waar laat dit ons? Daar is iets simbolies aan die heer Conrad Koch se lasterlike, vloekende swart pop Chester Missing. Enigeen wat nie deur ‘n buikspreker beheer word nie, sal voortaan onder verdenking verkeer en deur staatsagente en fanatiese joernaliste wat met “ons nuwe toekoms” begeester is, geteister word.

Miskien sou Marx en Lenin die Suid-Afrikaanse dialektiek verstaan: teenoor die tenderpreneur wat rojaal vir sy lojaliteit beloon word, staan die dissidente kunstenaar of denker wat met sy alterniewe sienings van die geskiedenis verketter en gestraf word. Slegs wanneer eenvormige denke finaal deur almal binne ‘n sorgvrye eenpartystaat omhels word, sal daar vryheid wees.

“Spraakvryheid” behels die steniging van afwykendes op die markplein in ‘n blye bevestiging van groepsdenke.

Aldus die swetsende sjimpansee van plastiek, oftewel: die orakel van demokrasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.