Geweld breek uit by Jeugliga-verkiesingskonferensie

Deel op

Talle beseerdes is in Oos-Londen na hospitale geneem nadat geweld oornag by die ANC-jeugliga se Oos-Kaapse verkiesingskonferensie uitgebreek het, het RSG berig.

Gevegte het begin toe verskillende groepe nie oor die kwalifiserende vereistes kon ooreenkom voor die provinsiale leierskap verkies is nie.

Honderde ondersteuners van Sicelo Mdletshe is na die konfrontasie uit die saal verwyder.

Streke soos Makana en die Nelson Mandela Metro het nie aan die verkiessing deelgeneem nie. Hulle het die saal verlaat nadat die gevegte uitgebreek het.

Die konferensie het uiteindelik Nhathi Nqoko en Zolani Khabae as die voorsitter en ondervoorsitter gekies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.