Van Nkandla na spioenasiebande

Deel op

Die DA het bevestig dat hulle regstappe weens die sogenaamde spioenasiebande sal neem, nadat hul veldtog teen Nkandla nie veel opgelewer het nie.

Die party het vroeër gesê dat hy ‘n regshersiening gaan vra rakende die korrupsieaanklagte wat teen President Jacob Zuma laat vaar is.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou, in navolging van die Presidensie nie kommentaar lewer oor die beweerde spioenasiebande nie.

Die DA sê daar is geen geldige redes vervat in die bykans 600 bladsye wat die besluit regverdig om die aanklagte te laat vaar nie.

Die DA se federale voorsitter, James Selfe sê die party sal met regsoptrede voortgaan om die besluit omgekeer te kry.

Selfe sê hulle is van mening dat die aanklagte laat vaar is vanweë ‘n politieke agenda.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die spioenasiebande reeds aan die DA oorhandig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.