Beeld-vryskutskrywer by Menseregtekommissie vir haatspraak teen Christene

Deel op

‘n Vryskutskrywer van Beeld, Johan Pienaar, is verplig om bemiddeling te ondergaan by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie weens ‘n haatblad teen Christene wat hy op Facebook bedryf. Pienaar en sy kamerade het maande lank op die Facebook-blad “Afrikaanse ateïste” Christene verguis, bespot en belaster op ‘n manier wat op beweerde haatspraak neerkom.

NUUT!

‘n Klag teen Pienaar is by die kommissie aanhangig gemaak deur mnr. David Spohr. Die kommissie het in die lig van die voorbeelde van anti-Christelike haatspraak besluit om die saak verder te ondersoek.

Mnr. Spohr het aan praag gesê: “In die brief lig hulle my in dat hy (Pienaar) nie reageer het op hulle versoeke om deel te neem aan ‘n bemiddelingsproses nie. Ek het besluit om redelik te wees en tot bemiddeling in te stem. Op dié stadium is hulle bevinding dat hy ‘n saak het om te antwoord.”

Pienaar het tot 28 Oktober kans gehad om op die kommissie se voorstel van bemiddeling te reageer, maar hy tot op hede nie geantwoord nie.

Die redakteur van Beeld, Adriaan Basson het op Twitter ontken dat Pienaar gereeld in Beeld skryf:

Maar Piet Croucamp, wat wel ‘n gereelde rubriek in Beeld skryf, het insgelyks ‘n afkeer van Christene, maar ook Afrikaners en is ‘n geesgenoot van Pienaar. Oor die afgelope week is Pienaar knaend op Twitter besig om die buikspreker Conrad Koch se laster en teistering van Steve Hofmeyr te verdedig. Hy het ook reeds in ‘n twiet na praag as ‘n “Nazi-organisasie” verwys.

“Dit lyk asof linkse fanatici nou besig is om heeltemal die kluts kwyt te raak,” sê dr. Roodt van praag. “Eers was dit Conrad Koch wat hom heeltemal te buite gaan en crimen injuria teen Steve pleeg. Nou is dit Beeld se vryskutskrywer wat my ook teister en deelneem aan ‘n lasterveldtog teen my.”

Naskrif: In ‘n vroeër weergawe van dié artikel is daar vermeeld dat Pienaar ‘n “Beeld-rubriekskrywer” is, wat nou gekorrigeer is na “vryskutskrywer”. Ons vra om verskoning vir die wanindruk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.