Cyril smous met SA se watervoorraad

Deel op

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa wat as die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se bemiddelaar in Lesotho optree,  het in Maseru samesprekings met diplomate gevoer.

Ramaphosa wil steun werf vir die Bantoestan om die 2015-verkiesing van die grond te kry.

Die verkiesing in Lesotho gaan R200 miljoen kos, terwyl die land se jaarlikse begroting dit nie kan dek nie.

Lesotho word grotendeels deur die Suid-Afrikaanse belastingbetaler gedra, net soos die tuislande van ouds.

Ramaphosa het onder meer die ambassadeurs van die Europese Unie, China en Amerika ontmoet.

Hy het ‘n hoflikheidsbesoek aan Koning Letsie die derde gebring nadat hy met Lesotho se eerste minister en die adjunk-eerste minister vergader het.

Lesotho is strategies geplaas om Suid-Afrika se waterhulpbronne te beheer en sogenaamde “internasionale steun” en “ontwikkelingshulp” is daarop gemik om geopolitieke invloed uit te brei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.