Voormalige ANC-raadslid geskiet

Deel op

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn voormalige ANC-raadslid, Andile Lili, Woensdagaand geskiet is.

Lili (39) en ses ander persone is in Julie in die Kaapstadse landdroshof vrygespreek op aanklagte dat hulle die Wes-Kaapse wetgewer met ontlasting wou ontsier.

Volgens die polisie het Lili, leier van die Ses’khona People’s Rights Movement Woensdagaand buite sy huis in Kaapstad geskiet. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Lili is na ʼn hospitaal geneem. Die polisie kon nie Donderdag verdere besonderhede oor sy toestand verskaf nie. Volgens die SAUK is Lili in ʼn kritieke, maar stabiele toestand. Hy is glo ʼn paar keer geskiet.

Van Wyk sê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.