Mangaung-komplotters gevonnis

Deel op

Twee lede van die beweerde Mangaung-komplot is Donderdag in die hooggeregshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan hoogverraad.

“Johan Prinsloo is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir sy deel aan die komplot om pres. Jacob Zuma en ander ANC-leiers tydens die party se Mangaung-konferensie te vermoor, en die besit van ammunisie,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Prinsloo se medebeskuldigde, Mark Trollip, het verlede jaar skuldig gepleit op ʼn aanklag van sameswering en is ook agt jaar tronkstraf opgelê.

ʼn Derde beskuldigde, Martin Keevy, is onbevoeg verklaar om verhoor te word en die klagtes teen hom is teruggetrek.

Die mans was lede van die Federale Vryheidsparty (FVP) en hulle is in Desember 2012 in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Alle aanklagte teen ʼn vierde verdagte, Hein Boonzaaier, wat in daardie stadium die leier van die FVP was, is teruggetrek omdat daar glo ‘n gebrek aan getuienis teen hom was, het Mncube gesê.

Die ANC het die skuldigbevinding verwelkom.

‘n ANC woordvoerder, Khusela Sangoni sê die komplot kon ernstige gevolge vir die land ingehou het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.